VERMAAKNUUS - Donderdag 12 Oktober was ‘n donker dag in die musiekwêreld toe bekendgemaak is dat Kobus de Kock Jnr, die sanger van die blues-rock-groep, The Black Cat Bones, dood is.
Verslae musikante en aanhangers het hul huldeblyke op sosiale media gedeel.
De Kock was in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf bekend en geliefd vir sy diep poëtiese lirieke, passievolle vertonings, en sy liefde vir musiek en mense. Hy laat sy pa en ma, broer Malan, en sy tweelingkinders, Kobus en Leah agter.
‘n Reus het geval, en uit die huldeblyke wat op sosiale media instroom, is dit duidelik dat hy ‘n groot leemte los.
Kobus de Kock Jnr sal onthou word vir die groot indruk wat hy in Suid-Afrikaanse musiek gemaak het.
The Black Cat Bones hou Sondag 15 Oktober ‘n gedenkdiens vir Kobus by The Irish Club in Linden. Aanhangers kan inskakel by: https://youtube.com/live/UOIfTVguAI0?feature=share
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’