Keenan Pieters, wat self ‘n kranige rugbyspeler is, het na die drafsessie uitasem aan sy ouers gesê: “Julle sal my nie glo nie, maar Pierre Spies het na my toe gekom en gevra of ek Keenan is.”
Volgens sy ma, Nicolette Pieters, was Keenan geskok dat Spies sy naam geken het. “Pierre het ‘n kort gesprek met hom in die tonnel gevoer net voordat hulle op die veld uitgedraf het. Keenan kon nie uitgepraat raak oor hoe vriendelik Pierre is nie.”
Die selfoonreus Vodacom bied af-en-toe die geleentheid aan werknemers se kinders om saam met die Blou Bulle uit te draf.
Die inisiatief word geborg deur Openfield, wat ‘n Vodacom borgskapagentskap is.