KNYSNA NUUS - Laerskool Knysna se o. 13A-rugbyspan is ná afloop van die KSSS-interskolerugbytoernooi en ná 'n reeks indrukwekkende oorwinnings as die nommer een span gekroon.
Skole uit die groter Knysna-streek, insluitende Sedgefield en Plettenbergbaai, het aan die uitkloprondes deelgeneem.
In Woensdagmiddag se eindstryd het Laerskool Knysna sy eweknie van Hornlee op sy tuisveld oortuigend met 78 - 0 verslaan.
Die laerskool se rugbybulle was eenvoudig te groot en sterk, en het drie ná drie ingeryg.
Hoewel die wentelling dalk nie vleiend vir Hornlee was nie, het die span nooit tou opgegooi nie. Veral in die tweede helfte het Hornlee beter begin verdedig en 'n paar goeie teenaanvalle geloods.
Daar is egter geen twyfel nie: Laerskool Knysna se rugbybulle is ware kampioene.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’