KNYSNA NUUS - Deeglike voorbereiding, wat reeds vroeg in Januarie begin het, sterk motivering en bereidwilligheid om te leer en voortdurend te verbeter is die suksesresep wat Laerskool Knysna se rugbyspanne in staat gestel het om vanjaar kragvertonings teen hul teenstanders te lewer.
So sê Juandré Digge, eerstespan-afrigter, oor veral die skool se o. 13A-span wat alle teenstand voor hulle platgevee het.
Verlede week het Knysna by die eindronde van die KPSSS-interskole streektoernooi skoonskip gemaak.
Die o. 13's het Plettenbergbaai met 50 - 5 gelooi, die o. 11A's het Plett met 45 - 0 geklop en die o. 9A's het met 55 - 0, ook teen Plett, gewen.
Al drie Knysna-spanne is dus as die kampioenspanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe gekroon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’