Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Sondag, 11 September was weer een vir die boeke vir die Vastrap 4x4 klub. 'n Groot groep lede van die klub het met 21 voertuie die Louvain 4x4-roete aangepak vanaf die Wilderness kant.
Die span is oor die berg, waar 'n mens nie kan glo dat 'n ossewa jare gelede oorgetrek het nie.
Die pad kronkel al hoër op en dan as 'n mens oor die kruin ry, verander die natuurlike plantegroei ook skielik. Die klublede het die dag geniet op die roete met die jongste lid wat net ses weke oud is.
Die klub organiseer hulle uitstappies met die oog op familie georiënteerde dae met lekker samesyn- en kuiergeleenthede. Daar was 'n paar brawe lede wat ook die 4x4-roete in die woud aangepak het Dit het vir 'n paar naelbyt-oomblikke gesorg.
Kontak gerus vir Kobus Botha by 076 Vastrap 4x4 klub troef die Louvain-roete 397 9720 om deel te vorm van die klub wat ten minste een keer per maand 'n 4x4-rit organiseer.
VERSKAFDE VIDEO - Vastrap 4x4 Louvain-roete (Video: Video footage club members & Redigering, Jannie Du Plessis).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'