KNYSNA NEWS - Laerskool Knysna se o. 13A-netbalspan het Maandagmiddag 24 Augustus by die uitspeelrondes van die Knysna SSS-skoletoernooi in die eindstryd met The Craggs van Plettenbergbaai afgereken deur hulle met 32 - 10 te klop.
Albei spanne het uitgeblink met hul algemene spel, maar die groot verskil vir die wenspan was hul blitsige, akkurate teenaanvalle wat hul teenstanders op die agtervoet gehou het.
Vir Laerskool Knysna Laer het Lebo Matshaya en Isabella Meyer uitgeblink terwyl Em Lynn Demas en Siyolise Mapukata van The Craggs met ondernemende spel die oog gevang het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’