KNYSNA NUUS - Laerskool Knysna se atletiekspan het weer aan die jaarlikse Hoërskool Paul Sauer Laerskool Uitnodingsbyeenkooms te Kareedouw deelgeneem, en weereens eerste plek behaal te danke aan 'n klomp uitstekende prestasies.
Knysna Laer het op 16 Oktober na Kareedouw gereis om op die atletiekbaan met 13 ander laerskole kragte te meet.
Knysna se helderste ster van die dag was sonder twyfel die O13-seunsatleet Gino Fredericks wat die victor ludorum-trofee ontvang het vir sy eerste plekke in die verspring, spiesgooi, en 110m-resies items.
Die plaaslike atlete het 14 top-vyf plekke behaal op die dag, en hierdie prestasies was genoeg om te sorg dat hul vir die 10de keer as wenners van die byeenkoms geeindig het met 'n totaal van 317 punte, terwyl Laerskool Handhaaf van Uitenhage tweede geëindig het met 307 punte en Laerskool Jeffreysbaai derde met 216.
Die plaaslike atlete het 14 top-vyf plekke behaal op die dag
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'