GEORGE NUUS - Van 'n omstrede "wit olifant" tot 'n verhoog vir Suid-Afrika se beste jong atletiektalent - die Rosemoor-stadion se tartanbaan in George het die afgelope naweek uiteindelik tot sy reg gekom.
Ná byna twee jaar van tegniese probleme het die baan sy eerste amptelike nasionale byeenkomste aangebied toe 23 laerskole Vrydag en 55 hoërskole Saterdag aan die Easycare Kwagga Top 10 deelgeneem het.
Sowat 1 500 atlete het op 9 en 10 Oktober aan die byeenkoms deelgeneem, met talle indrukwekkende prestasies op die baan en veld.
Die George-munisipaliteit se ondersteuning het ook nie ongesiens verbygegaan nie. Die toerusting wat beskikbaar gestel is, was van hoogstaande gehalte, en die munisipaliteit se betrokkenheid en ondersteuning het 'n belangrike rol gespeel om die suksesvolle aanbieding van die byeenkoms moontlik te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’