TUINROETE NUUS - Atletiek SWD sluit 'n suksesvolle landloopseisoen vir die jaar 2024 op 'n hoë noot af met 'n goue medalje.
Die seisoen het tot 'n einde gekom op Saterdag 7 September by die Atletiek Suid-Afrika (ASA)-landloopkampioenskappe in Vanderbijlpark, Gauteng.
Atletiek SWD het 'n span van 80 atlete ingeskryf wat aan die vereiste kriteria voldoen het en ook by die Atletiek SWD-kampioenskappe gekwalifiseer het.
Die atlete se ouderdomme het gewissel vanaf 8 tot 60+ jaar. Die SWD het 11de geëindig met een goue medalje, een vierde plek, vyf vroue in die top-20 en nege mans in die top-20.
Hiermee wil die bestuur van Atletiek SWD ons borge bedank vir hul bydraes om ons atlete die geleentheid te bied om aan die ASA landloopkampioenskappe te gaan deelneem.
Spesiale dank aan Marais van Daisy vir die span se T-hemde en Stevens Vervoer Mosselbaai vir 'n reuseafslag ten opsigte van die vervoer.
Knysna-marathonklub vir die borgskap van etes en 'n anonieme borg vir die finansiële bydrae om verligting te bring ten opsigte van verblyf.
Die voorsitter van ASWD- landloopkommissie, Joe Arendse, spreek sy dank uit aan elke tegniese beampte, atleet, ouer en ondersteuner wat elke week getrou die landloopligas bygewoon het.
In besonder Coastline-atletiek wat die dryfveer agter die sukses van landloop is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’