EIENDOMS NUUS - Om 'n paar minute van jou tyd af te staan aan finansiële beplanning, jou begroting en die voortdurende verbetering van jou finansies, kan geensins 'n mors van tyd wees nie. Indien jy egter 'n beginner is, en jy het sover nog net 'n langdurige finansiële winter beleef, is dit hoogtyd om jou geldsituasie weer op dreef te kry.
Matthys Potgieter, skuldkenner by DebtSafe, sê die winter bied talle geleenthede om jou finansies uit die koue te trek. Hier is 'n paar voorstelle om jou pad na sonnige finansies te kan begin:
B is vir begroot
Dit is al honderde kere gesê, maar die meeste individue kla steeds oor hulle mismoedige finansiële posisie. Die belangrikste letter in die finansiële alfabet is beslis B vir BEGROTING. Dit is die eerste stap wat geneem moet word vir finansiële verantwoordelikheid. Potgieter beklemtoon dat jy 'n maandelikse begroting, wat spesifiek vir jou werk, moet gebruik of skep. DebtSafe het 'n voorbeeld wat jy kan gebruik of wat van 'n gebruikersvriendelike selfoontoepassing, en selfs die ou skoolse oplossing, naamlik die papier op die yskasdeur, te gebruik?
Hy beklemtoon dat dit wat jy wil hê van jou werklike benodighede geskei moet word. Jou benodighede sowel as jou maandelikse skuld moet in jou begroting ingesluit word, soos byvoorbeeld: jou huis, telefoon, water en ligte (werklike benodighede) asook jou kredietkaart of klererekening (skuldbetalings).
'Nooit' is nie noodwendig NOOIT nie
Moenie te seker wees en dink dat 'n noodgeval nooit na jou kant toe sal kom nie. 'n Aflegging, lewensbedreigde siekte of 'n krisis kan oornag opduik. Indien jy geen finansiële voorbereidings in plek het nie kan uiters verwoestende gevolge ontstaan. 'n Noodfonds in jou finansiële beplanning is ononderhandelbaar. 'n Voldoende noodfonds moet ten minste drie tot ses maande se uitgawes dek. Vermy die gebruik van jou kredietkaart vir daardie 'reënerige dae' en sit elke maand 'n gedeelte van jou inkomste opsy. Jy sal nie spyt wees nie.
Te vinnig te veel
Hierdie wenk is spesifiek vir die jong volwassenes. Om 'n loopbaan en volwasse lewe aan te pak is opwindend, maar jy hoef nie alles dadelik aan te koop of aan te wend nie: van 'n broodrooster tot huiskoop, byvoorbeeld. Dit sal slegs lei tot onbeheerbare skuld en talle rekeninge wat betaal moet word. Ontspan, neem dit stap vir stap, voeg stadig maar seker behoeftes by jou noodsaaklikhede by.
Watter spaargeld?
Jy gaan nêrens heen met jou finansies as jy nie elke maand probeer spaar nie. "Onthou 'n paar druppels vul op die ou einde, die emmer," sê Potgieter. Die middel van die jaar is so te sê hier en in 'n oogwink is die lente-vakansie en Kersfees om die draai. Moenie onredelik wees met jou 'spaar' verwagtinge nie, begin klein. As jy R100 per week spaar vanaf Juniemaand, kan jy byna R3 000 spaar vir die familie se Kersete.
Moenie onredelik wees met jou 'spaar' verwagtinge nie, begin klein.
Geldsak winter-warm-wenke
Wintertyd hoef nie jou verskoning te wees om meer elektrisiteit of water te gebruik as wat nodig is nie. Hier is 'n paar wenke om jou te help om geld te spaar:
- Berei 'n paar etes gelyktydig voor. Jy kan meer waarde vir jou geldsak kry.
- Om een groot bondel wasgoed een keer per week te was, is beter as twee halwe bondels per week.
- Vul 'n paar warmwaterflesse, dit sal keer dat jy die ketel te veel kere aansit en krag gebruik.
- Onthou, gebruik eerder 'n gasverwarmer, aangesien dit maandeliks goedkoper kan wees as 'n elektriese verwarmer (wat konstant krag trek).
- Moenie die yskasdeur te lank laat oopstaan nie.
- Wees bewus van energie-honger toestelle soos die skottelgoedwasser.
- Skakel alle kragpunte af wanneer dit nie gebruik word nie.
- Skaf lae-energie gloeilampe aan wat tot 80% minder elektrisiteit as standaard gloeilampe gebruik.
- Songeisers is beter as konvensionele geisers.
- Draai jou geiser af wanneer jy vir 'n paar dae nie by die huis gaan wees nie.
- Maak seker dat jou geiser(s) nie hitte laat ontsnap nie.
- Stort eerder in plaas van om te bad en draai krane behoorlik toe na gebruik.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'