Gallery
SUID-KAAP NUUS - Sneeu het verlede nag op die Swartberge geval.
Die bopunt van die Swartbergpas is onder sneeu.
Motoriste word gewaarsku dat die pad onlangs geskraap is en vandag modderig en baie glad is.
Die pas is steeds aan die Prins Albert kant van die berg gesluit.
Sneeu het ook op die Lootsbergpas naby Graaff-Reinet geval. Dié pas is ook gesluit.
Zihan Breunissen van Oudtshoorn baljaar in die sneeu. Foto's: Johan Breunissen
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'