In ’n ongekende stap het Madonsela ’n mediakonferensie gebruik om regstreeks met Baleka Mbete, speaker in die Nasionale Vergadering (NV), te kommunikeer nadat die parlementêre ad hoc-komitee oor Nkandla geweier het om haar toe te laat om voor hom te getuig.
“Ek is diep bedroef oor die feit dat ek die media moet gebruik as ’n platform om u toe te spreek,” het Madonsela gesê en Mbete telkens as “agbare speaker” aangespreek.