GEORGE NUUS - George-tandarts, Ian Venter, is pas in die George-streekhof gevonnis.
Na Streeklanddros Francis Makamandela alle aspekte van vonnisoplegging in ag geneem het, het sy Venter tot 3 jaar direkte tronkstraf gevonnis.
Sy het klem daarop gelê dat die hof alle kinders moet beskerm; dit sluit die slagoffer, sowel as die kinders van die beskuldigde, in.
Venter het aangedui het dat hy appél gaan aanteken.
Venter is op 11 April 2018 skuldig bevind op 'n aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjarige ná hy in 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaai oorgeslaap het, seksueel betas het.
Venter het in November 2014 'n opgeskorte vonnis gekry nadat hy skuldig bevind is op 'n seksklag waarby 'n minderjarige seun, toe 15 jaar oud, betrokke was.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'