KNYSNA NUUS - Laerskool Knysna het weer sy spiere gebult in n onlangse interskolekragmeting teen Rheenendal toe die eerste rugbyspan dié o. 13- kragmeting met 50 - 0 gewen het.
Knysna se voorspelers het voorlangs oorheers en die agterlyn met goeie balbesit gevoer. Dit het goeie hardlooprugby opgelewer, en veral die snellers het hul kanse gebruik om die drieë op te stapel.
Die o. 13A-net-balspan het Rheenendal met akkurate aangeë op die agtervoet gehad en gemaklik met 30 - 2 gewen.
Laerskool Knysna se Tatum Pedro (links) probeer die bal van haar teenstander af onderskep.
Mikhulu Mnyamana op pad doellyn toe vir Laerskool Knysna.
Lebo Matshaya van Laerskool Knysna rank hoog in die lug om die bal te vang.
Troy van Rooyen hardloop los onder die Rheenendal-verdedigers uit.
Jade Gallant (Laerskool Knysna) soek ondersteuning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’