Saterdag se begrafnis is deur sowat 'n duisend mense bygewoon vir die ter aarde bestelling van die oorlede skoolbusbestuurder, Collin Pyl, asook die drie Fiegeland-kindertjies van wie hy die oom was. Die diens is in die Pinkster Protestante Kerk op Rheenendal gehou, en hoewel dit om 09:00 by die weduwee, Tant Daphne Pyl se huis begin het, het verrigtinge eers na 15:00 tot 'n einde gekom.
Sondag se massabegrafnis het Rheenendal in een groot parkeer-area verander toe meer as 6 000 mense die dorp binnegestroom het om die begrafnis van 9 van die 14 leerlinge wat hul lewens verloor het in die busramp, by te woon. Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille was ook daar.
Die 4 000 stoele wat uitgepak is en die verskeie reuse-tente wat langs mekaar opgeslaan is, was steeds nie genoeg om die malende skares almal 'n sitplek te kon gee nie.
Die skare rondom die grafte was gister so dig dat persfotograwe op die dakke van Avbob se bussie asook 'n skootskraper se bak geklim het om fotos van die geleentheid te probeer neem.
Sien nog foto's hier.
.jpg)
Die grafte... Foto: Anoeschka von Meck.
.jpg)
Foto deur Anoeschka von Meck.