Sponsored Content
HEIDELBERG NUUS - Musiek, stories, poësie, teater en ’n besondere stukkie Heidelbergse geskiedenis kom van 22 tot 26 September bymekaar wanneer Hessequa Harmonie 2026 die dorp met ’n uiteenlopende kulturele feesprogram vul.
Van twee van Suid-Afrika se geliefde musiekkunstenaars, Rocco de Villiers en André Schwartz, tot drie unieke uitvoerings in die onlangs opgeknapte Congregational Kerk, beloof vanjaar se fees ’n viering van kuns, kultuur en kreatiwiteit te wees.
’n Nuwe verhoog vir ’n historiese kerk
Die pragtige, onlangs opgeknapte Congregational Kerk in Heidelberg word vanjaar vir die eerste keer deel van die Hessequa Harmonie-fees wanneer dié historiese gebou ’n nuwe rol as uitvoeringsvenue inneem.
Die kerk se besondere karakter, geskiedenis en intieme atmosfeer maak dit die ideale ruimte vir drie uiteenlopende aanbiedings waarin Suid-Afrikaanse taal, poësie, musiek, stories en teater saamkom.
Op Woensdag 23 September om 15:00 bring Bettie Kemp TaMiem van Swellendam na die verhoog.
Woensdag 23 September om 15:00 bring Bettie Kemp TaMiem van Swellendam na die verhoog.
Dean Balie volg op Donderdag 24 September om 15:00 met Adam Small: Die viering van ’n vol lewe.
Die reeks word op Vrydag 25 September om 15:00 afgesluit wanneer Lee-Ann van Rooi Oulap se Rooi aanbied.
Met hierdie drie unieke aanbiedings kry feesgangers die geleentheid om besonderse Suid-Afrikaanse talent in ’n historiese Heidelbergse kerk te beleef.
Dean Balie volg Donderdag 24 September om 15:00 met Adam Small: Die viering van ’n vol lewe.
André Schwartz bring Webber na Heidelberg
Op Vrydag 25 September om 19:00 neem André Schwartz die verhoog in die Heidelberg Stadsaal met Any Dream Will Do: My pad met Webber.
In hierdie besondere produksie neem Schwartz die gehoor op ’n musikale reis deur die wêreld van Andrew Lloyd Webber en van die bekendste musiekblyspele wat uit dié legendariese komponis se pen gevloei het.
Met sy bekende verhoogteenwoordigheid en kragtige stem beloof Schwartz ’n aand van onvergeetlike melodieë en musikale herinneringe.
Lee-Ann van Rooi maak haar verskyning op 25 September om 15:00 waar sy Oulap se Rooi aanbied.
Rocco de Villiers – musiek, herinneringe en ’n nuwe boek
Die fees se musikale reis word op Saterdag 26 September om 16:00 voortgesit wanneer die geliefde pianis Rocco de Villiers by Dasjesdrift optree.
De Villiers is bekend vir sy kenmerkende klavierspel, sy vermoë om gehore te vermaak en sy liefde vir stories. Sy Hessequa Harmonie-program kombineer nostalgiese én moderne musiek en sluit ook die bekendstelling van sy splinternuwe boek in.
Met ’n program wat wissel van intieme woordkuns en teater tot groot musikale uitvoerings, beloof Hessequa Harmonie 2026 om ’n besondere kulturele hoogtepunt op Heidelberg se kalender te wees.
Die fees se musikale reis eindig Saterdag 26 September om 16:00 wanneer die geliefde pianis Rocco de Villiers by Dasjesdrift optree.
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets. Vir meer inligting kan Lindi Smit by 084 446 3200 geskakel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’