Knysna-Plett Herald
Translate Afrikaans to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What's On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Penveer
Penveer is a platform for avid poets and authors to share their poetry and creative writing. Once registered, users can submit poems of no longer than 24 lines and short stories of a maximum of 500 words.
"Glentana" Lirieke deur Albert Meintjes
10:20 (GMT+2), Mon, 14 May 2012
Sit met my voete in die sand
En my siel sweef deur die sproei
van die branders wat rol oor die strand
En ek wens jy was hier saam met my
Hier saam met my

Ek die liggies van Mosselbaai se rante
Gooi vlikkers in my oe
Soos n’ duisend silver diamante
Waar vreemdeling woon

Dis so lekker om net te wees
om net te voel, en vry in gees
Die aand is n’ roos pienk kleur
soos die son sak oor die baai
En ek ruik die see

En dit is lekker hier
Ek geniet dit elke dag
Op die stoep te sit met n’ koppie tee
Drome te droom oor die nag
tEn tussen Harolds baai en nature on sea
Om te stap op die strand to by groorbrak rivier
Om kitaar te speel tot laat in die aande
Rustig te raak en te dink
Ek is mal oor Glentana

Vanoggend met oom Hoppie gepraat
Visvang gesels en die regte aas
Jy moet ingooi net so lanks die sloep
Vroeg oggend ,as die dag jou kom groet
As hy jou kom groet

En die dolfyne speel in die branders
Die water skitter skoon
En n’ seemeeu staan nader
Hoe dan anders
Om n’ stukkie aas te roof

Hangmat reg en boek in die hand
Partysies krap hier langs my in die sand
Die see n’ spiel,dis n’ perfekte dag
My op skreefies soos wat ek glimlag
Want my hart is sag.
Posted by Scicoustic
EK VERLANG NA DIE SEE
10:56 (GMT+2), Tue, 24 April 2012
Ek voel verdwaal, vêr van die huis
Ek lê al my sorge voor die kruis
Ek ken die pad
Weg uit die stad

Jesus gee krag
Waar hy op my wag
Ek verlang na rus
Die more-dou kus

Wanneer raak dit stil?
Wat is God se wil?
Die stad se geruis
Of die golwe se druis

Die wind se fluister
Verdwaal in die duister
Die berge se prag
Jesus gee krag

Ek verlang na die see
Die stad sleur my mee
Posted by Elaine
DIE LIEFDE IS NIE WAT ONS VAN DIT MAAK NIE:
12:05 (GMT+2), Fri, 06 April 2012
dit is veronderstel om te gee,
tog wil ons net hê.
dit is veronderstel om te beskerm,
terwyl ons net vernietig.
dit is veronderstel om te belowe,
terwyl ons maar net beaam.
dit is ons veronderstel om te laat groei,
en ons breek mekaar net af.
die liefde is veronderstel om vir ewig te duur,
terwyl ons dit somtyds net so laat gaan.....
sal ons ooit die liefde ten volle kan verstaan?

ISAAC WILLIAMS - PAGE
Posted by Koning1982
THOUGHTS OF A SOMBER MIND
12:03 (GMT+2), Fri, 06 April 2012
Yesterday we were all sailing
Today the boat has hit the rocks
Am i being unreasonable?
or is it you being selfish?
Right now I feel so astray,
feeling around in my once clear logic now so grey

Happiness will never be mine it seems
will I always be the one to offer?
getting all but what I expect in return
maybe my requisition exceeds normal standards
This once permanent smiling face,
gave way to a saddened, sorry gaze

I wish I could just turn back the time
to where it all so suddenly began
this time I would turn the other way
to avoid my current state of mind
maybe if I choose the opposite journey
Happiness will this time travel to the end with me

ISAAC WILLIAMS - PAGE
Posted by Koning1982
Die Lokasie
13:08 (GMT+2), Thu, 10 November 2011
Altyd aan die uithoeke van 'n dorp

Is ons mense uitgewerp en hier kom los.

Onder 'n sogenaamde "groepsgebied wet"

Is ons uitgestoot en uit die dorp belet.


Hier sit die "ou dae" se letsels nog duidelik,

En vir warmte drom ons saam om 'n 'ghêllie-blik'.

Ons mense gaan gebuk onder swaar-kry,

En dit laat die vraag: Is ons werklik vry?


Met vele socio-ekonomiese probleme

Steur dit ons mense se innerlike vrede.

As "voorheen-agtergeblewe" word ons geklasifiseer.

Ons mense is moeg geveg, hulle kan nie meer.


Hoe lank nog moet ons in die stof-strate rond swerf?

Is ons dan nou ook deur die nuwe regime onterf?

Uitgewerp en belet uit die "Dorp van Geregtigheid"

En beroof en besteel van ons reg op ekonomiese vryheid.


Daar is ook die wie uitstyg en suksesse behaal het.

Die idee van agterbly het hul uit hul denke belet.

So daar is hoop dat verandering eendag sal kom,

Waar ons nie meer om daardie blik vol gate hoef te drom.
Posted by 21PAUL
 1 2 3 4 5  ...  
Weather Currencies Moon Cycle
Voting Poll
Should the alleged paedophile be granted bail?
Yes
Knysna-Plett Herald 6%
No
Knysna-Plett Herald 94%
Competitions
Facebook
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What's On? | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2012 Kynsa-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms