|
|
Innie skylte vannie asblik
12:19 (GMT+2), Tue, 12 June 2012
|
Jy moet mooi kyk om hulle te sien, so gekammofleer is hulle teen die donker agtergrond. Hulle sit gehurk en ineengetrek. By nadere ondersoek is dit duidelik dat hulle darem besig is om ‘n ou geselsie aan te knoop. Hulle gesels dalk oor die koue, miskien kinders wat hulle grys hare gee of dalk hulle bekommernis oor die toekoms van die wêreld wat in die skadu van 2012 se voorspelde vernietiging staan. Dalk gesels hulle oor vroemôre se hongerpyne, terwyl party gelukkiger sterflinge darem êrens in ‘n kantoor ‘n ‘smoke break’ vat met ‘n koffie Frisco, waarin baie melk en minstens vier teelepels suiker gegooi is - op die maatskappy se rekening.
Dis ‘n treurige gesig, so vroegoggend in die ‘skylte’ van die asblik, terwyl die verkeer afspoed werk toe, slawe van die kapitalistiese sisteem. Eintlik spoed die mense in Mosselbaai nie, want ons leuse is mos ‘live life slowly’, né? Dis net dat die dorp mos nou so teen die skuinste lê, jy weet? Jy hoef nie juis voet in die hoek te sit om die gewraakte top spoed van 60km per uur te behaal wanneer jy met Marshstraat afkom verby die munisipale kantore nie. Om die waarheid te sê, moet jy meestal jou motor se brullende enjin onder bedwang bring deur op jou remme te lê of jou motor se protesterende masjien in ‘n laer rat te gooi. Boonop is dit danksy die kapitalisme dat die betreurenswaardige paar darem ‘n skaflike skuilplek het waarvandaan hulle hul brood kan verdien.
Dus, dink vandag aan diesulkes wat hulle lywe teen asblikke en dergerlike obsene plekke skuil hou sodat niksvermoedende pendelaars kan bydra tot die welstand van die dorpskas. As jy weer op spoed verby die swart asblik op linkerkantse hoek, net langs die Mosselbaaise munisipaliteit verbyjaag, kyk links, rem skerp en kyk met vertedering na die twee ‘siele’ wat in die ‘skylte’ sit en bibber. Sonder hierdie (spoed)lokval, weet nugter wat van die dorpsraad se finansies sou word! Kyk mooi, sien hulle raak, en waardeer hul opoffering. Dis ‘n edele taak om so in die koue (sonder soet, melkerige koffie) te sit en die skerm van die kamera dop te hou. Deur hulle onbaatsugtigheid, word baie pensioengeldjies netjies gesirkuleer. Dis wettig, dis korrek en dis hoe dit is.
Die punt is, voor die koms van motors, het Marshstraat geëindig met groot hekke bo-oor die pad, presies daar waar asblik staan, omdat die perdekarre die steil helling kon baasraak nie. Om dus in 2012 dievoorgeskrewe spoed van 40km/h te handhaaf bult af, sal dit interessant wees om ‘n kostevergelyking te doen tussen instandhouding van motors se remstelsels teenoor die betaal van spoedboetes.
Die ou Afrikaanse gesegde lui: donkerwerk is konkelwerk, so wil hulle nie maar ‘n oranje lig op hul ‘skylte’ vasmaak nie? Net om die speelvlak gelyk te maak, sien? Daar is immers ‘n paar plekke op my weg na my eie ‘skylte’, waar diesulkes se verskuilde teenwoordigheid soveel meer waardeer sal word…soos byvoorbeeld die twee-rigting stopteken in Sederstraat, Heiderand wat tydig en ontydig geÏgnoreer word. En wie weet, dalk het dit ‘n groter impak op ‘arriving alive’ as om op jou remme te lê teen ‘n hengse helling af. Ek sê maar net.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Blog Postings
|
|
Inspirasie viri Nasie:
Secret petitions
|
|
|
|
Those Camera Guys:
Adobe who?
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
Long life coming up short
|
|
|
|
Mouthwash:
Reguleer jouself
|
|
|
|
Déjà vu :
Naweeknotas A: I quit...?
|
|
|
|
Lugtyd:
Dankie tog!
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
It's all in the alphabet
|
|
|
|
Chatterbox:
Wrap your head around this...!
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie:
Hope in the Lord
|
|
|
|
Life in the Slow Lane:
Eating out hard to swallow
|
|
|
|
|
|
|
|
|
George Herald Blogs
|
|
Chatterbox
|
|
|
|
Déjà vu
|
|
|
|
Inspirasie viri Nasie
|
|
|
|
Life in the Slow Lane
|
|
|
|
Lugtyd
|
|
|
|
Mouthwash
|
|
|
|
The Jolly Lama
|
|
|
|
Those Camera Guys
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 29 and 49.
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 38.
I'm a 30 year old woman looking to meet men and women between the ages of 30 and 50.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 60.
|
|
|
|
|
|
|