Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Mediaverklaring. Volgens wie?
08:28 (GMT+2), Thu, 07 June 2012
6
Daar is 'n nuwe gonswoord waarmee elke jan rap en sy maat probeer om blootstelling in koerante te kry - Mediaverklaring. Dit is ongelooflik hoeveel "mediaverklarings" in 'n week in my INBOX (verskoning aan die taalpuriste, maar die erkende Afrikaanse woord ontgaan my) beland.

Van Gertjie wat op 40 'n splinternuwe CD oor sy ewigdurende liefde vir sy skoolkys verklaar tot groepe wat aannames maak en klippe gooi na ander groepe tot inwoners wat verontreg voel oor een en ander wat iemand oor hulle kwytgeraak het stuur mediaverklarings uit. Ek mag verkeerd wees, maar ek was altyd onder die indruk dat 'n mediaverklaring iets is wat aan die media uitgestuur word wat die breë publiek inlig oor nuuswaardighede.

Dalk kom ek van die verkeerde planeet af, maar om 'n brief van 'n ontstoke inwoner of 'n debuutsaniksanger se nuwe CD wat met pappa se skenking van R40 000 opgeneem is of die bekendstelling van 'n nuwe modelagentskap vir kinders onder ses aan die pers te stuur as mediaverklarings grens aan die absurde.

As ek kyk na die grootste persentasie "mediaverklarings" wat ons ontvang is dit niks anders as advertensies nie. Die werklike mediaverklarings word uitgereik deur instansies wat die mense inlig en nie deur iemand wat iets wil verkoop of wil bors skoonmaak nie.

Terwyl ek op dreef is, vergun my nog 'n paar reëls om sommer iets te sê oor mense wat namens die pers besluit wat is nuuswaardig en wat is objektiwiteit. Enige koerant is altyd op soek na nuus en enige bydrae word altyd met ope arms verwelkom, maar die redaksiespan van 'n koerant bepaal die nuuswaardigheid en die objektiwiteit van die inligting.

Daar is 'n mooi latynse uitdrukking audi alterem parte wat vra dat alle partye se menings gegee word en ongelukkig is dit so dat mense dan soms vreeslik opgewonde raak as hulle eie mening deur 'n ander een weerspreek word, die koerant se plig is dan nie om onbepaald betrokke te raak by strydende partye nie.
Posted by Hannes Visser | Email Send to a friend | Print Print Article | Bookmark and Share
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest Blog Postings
Inspirasie viri Nasie: Secret petitions
Those Camera Guys: Adobe who?
Life in the Slow Lane: Long life coming up short
Mouthwash: Reguleer jouself
Déjà vu : Naweeknotas A: I quit...?
Lugtyd: Dankie tog!
Life in the Slow Lane: It's all in the alphabet
Chatterbox: Wrap your head around this...!
Inspirasie viri Nasie: Hope in the Lord
Life in the Slow Lane: Eating out hard to swallow
George Herald Blogs
Chatterbox
Déjà vu
Inspirasie viri Nasie
Life in the Slow Lane
Lugtyd
Mouthwash
The Jolly Lama
Those Camera Guys
Men
Women
Search
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 40.
I'm a 50 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 64.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms