Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Kleiner koek en groter happe
08:02 (GMT+2), Wed, 30 May 2012
6
Die juffrou vra vir Jannie: "Hoeveel geld sit jou pa in jou spaarrekening as jy tien keer gras sny en hy belowe jou R20 per sny?"
"Vyftig rand juffrou."
"Nee, Jannie dis R200. Jy ken nie jou tafels nie."
"Nee juffrou, jy ken nie my pa nie!"

Ter verdediging van Jannie se pa kan mens darem sê hy betaal Jannie uit sy eie sak uit, al is dit minder. Ongelukkig kan ons nie dieselfde sê van politici, amptenare en korrupte sakelui regdeur ons land wat elke dag belastingbetalers se geld gebruik om die "boeke te kroek" soos die ou mense gesê het nie.

'n Bekende ekonoom het 'n ruk gelede gewys watter ontsaglike groot gedeelte van belastinggeld aangewend word vir toelaes aan armes. Voeg hierby die ongelooflike salarispakette van amptenare - die wat in diens is, die wat geskors is en die wat in die plek van die geskorstes aflos en voeg dan daarby die wanadministrasie van fondse, die aanstelling van personeel waarvoor nie begroot word nie en die onvermoë of onwilligheid om kundige diens te lewer en dit word duidelik dat ons wiskunde nie beter as Jannie se pa s'n hoef te wees om te sien wat die antwoord is nie.

Daagliks is daar verhale van geld wat net eenvoudig wegraak terwyl daar in munisipaliteite en regeringskantore regoor die land lustig met belastingbetalers se geld gewoeker word. Ek noem dit verhale want hulle word oorvertel om braaivleisvure en in kantoorgange en dit lyk asof geen haan weer daarna kraai nie. Indien 'n haan iewers sy kop lig en durf kraai is die kanse goed dat hy in 'n Streetwise Two gaan beland - met tjips en slaai.

Van die verhale vertel van amptenare wat na deeglike ondersoeke geskors word, kort daarna meer as 'n miljoen rand vergoed word vir die verleentheid en heraangestel word net om weer bietjie meer as drie maande later afgedank te word met 'n verdere geskenk van meer as 'n miljoen rand. Mens hoor van amptenare wat miljoene rande se toerusting aankoop, dit byna onmiddelik weer teen 'n verlies verkoop en dit dadelik weer terughuur van die maatskappy aan wie dit verkoop was. Wat van amptenare wat so droog maak op dorpe dat hulle met groot bonusse weggewens word, net om weer op die volgende dorp aangestel te word. Daar is landwyd kantore wat "wall to wall" bestuurders en klerke het om burgemeesters en onderburgemeesters te help met hulle sware pligte, maar nie een van hulle reageer op 'n navraag of neem verantwoordelikheid vir enige besluit nie. Maak dit enige sin? Ja, as jy Jannie se pa is.

Iemand sê nou die dag as mens die kraan oopdraai en jy kry water, en jy druk die knoppie en die lig gaan aan moet jy nie kla nie, dan gaan dit nog goed. Hy is seker reg, wat my bekommer is dat niemand kyk hoeveel water nog in die put oor is of hoeveel spaargloeilampe daar nog in die kas is nie, want as ons dit nie nou doen nie gaan ons eendag oopdraai en aansit en dan is daar niks.

Die feit is dat die koek waaraan die belastingbetaler elke dag met moeite bak en swoeg al kleiner word en die happe wat die onbeholpe amptenare vat word al groter. Iewers moet daai koek opraak en dit is waarom ek rondspring en handeklap as 'n hof nou en dan bevind dat 'n raadslid of 'n amptenaar skuldig is aan een of ander wanpraktyk en hom aan die pen laat ry, al is dit maar 'n klein ou pennetjie. Want, dalk, iewers, wie weet, kom ons hoop, skemer die boodskap deur dat die amptenary nie vie altyd kan wegkom met boepense en roomversiering om die mond terwyl die belastingebetaler rondkruip en krummels opraap nie.
Posted by Hannes Visser | Email Send to a friend | Print Print Article | Bookmark and Share
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest Blog Postings
Life in the Slow Lane: Long life coming up short
Mouthwash: Reguleer jouself
Déjà vu : Naweeknotas A: I quit...?
Lugtyd: Dankie tog!
Life in the Slow Lane: It's all in the alphabet
Chatterbox: Wrap your head around this...!
Inspirasie viri Nasie: Hope in the Lord
Life in the Slow Lane: Eating out hard to swallow
Chatterbox: Die krokodil
Those Camera Guys: Next-generation Olympus PEN
George Herald Blogs
Chatterbox
Déjà vu
Inspirasie viri Nasie
Life in the Slow Lane
Lugtyd
Mouthwash
The Jolly Lama
Those Camera Guys
Men
Women
Search
I'm a 45 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms