Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Wie maak die skande?
07:58 (GMT+2), Thu, 24 May 2012
6
Die media word gereeld daarvan beskuldig dat hulle verantwoordelik is daarvoor dat een of ander ikoon se naam deur die modder gesleep word. So half asof die media die arme bloedjie se oortredinge en misstappe veroorsaak het.

Alhoewel dit waar is dat die media versigtig met feite moet omgaan en baie mooi moet besin oor wat berig word, bly die media se hooffunksie beriggewing en publieke belang. As Koos byvoorbeeld 'n gesiene prokureur is en hy besluit om sy gesin se vakansie Marakesh toe te subsidieer uit trustgelde van kliënte en hy ontmoet toevallig sy aanvallige sekretaresse op die uitstappie moet hy regtig nie sy speelgoed uit die bababedjie gooi as die media daaroor berig nie. Hy het self die besluit geneem om sy naam deur die modder te sleep, die media vertel net hoe en met wie hy dit doen.

Mense gebruik vreeslik graag die argument, "Ja, as Joost of Steve of Zuma of Clinton gewone mense was sou niemand belanggestel het in die hoeveelheid gate in hulle onderbroeke, hoeveel buite-egtelike kinders hulle het of hoeveel hulle vrouens hulle kos nie."

Heeltemal korrek, as ons ikone, leiers en rolmodelle gewone mense was het niemand in hulle skandes belanggestel nie. Ongelukkig is hulle nie gewone mense nie. Die burgemeester van 'n dorp (wat in sommige dorpe 'n staatspresident is), 'n skoolhoof, 'n dominee, 'n polisieman, die president van 'n land, 'n popster (of hy kan sing of nie) is almal in die publieke oog en daar is sekere verwagtinge gekoppel aan hulle posisies. Daarom is die verantwoordelikheid om hulle te gedra volgens wat van hulle verwag word baie groot en is dit logies dat die media sal berig oor hulle doen en late.

Kunstenaars, skrywers en storievertellers doen dieselfde - hulle lewer sosiale kommentaar. Pieter Dirk Uys het op 'n keer gesê hy is gek oor politici, want hulle gee hom soveel materiaal vir die verhoog. Hy oordryf natuurlik verskriklik in sy verto-nings maar hy lewer kommentaar op die politici se eie optrede, net soos wat 'n kunstenaar kommentaar lewer op die leefstyl van sy president deur 'n skildery te maak waar die president se viriliteit duidelik uithang. En dan, nadat almal hulle natuurlik eers verlustig het in die storie, kom die gekeffery oor die arme persoon wie se naam onherroeplik skade berokken is. Soos die jongklomp sal sê: "Hellooo...as jy jou vir 'n toffie uitgee moet jy nie moan as jy gekou word nie."

Ek skryf nie hierdie stukkie vir die vrou wat my gebel het en my sleggesê het omdat ek oor 'n oortreder berig en hom sy hele vriendekring gekos het, of die briefskrywer wat my aankla dat ek 'n sout-van-die-aarde-man onregverdig behandel deur te verkondig dat hy duisende rande gesteel het nie. Ek skryf dit ook nie in reaksie op die raadslid wat op 'n dag vir my gesê het ek moet bietjie ophou om te skryf oor die verkeerde dinge wat 'n dorpsleier doen en bietjie mooi goed ook skryf nie. Ek skryf dit, hopende dat die rol van die media en die verantwoordelikheid van prominente en gewone mense om deursigtig en eerlik op te tree net weer in perspektief gestel sal word.
Posted by Hannes Visser | Email Send to a friend | Print Print Article | Bookmark and Share
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest Blog Postings
Inspirasie viri Nasie: Secret petitions
Those Camera Guys: Adobe who?
Life in the Slow Lane: Long life coming up short
Mouthwash: Reguleer jouself
Déjà vu : Naweeknotas A: I quit...?
Lugtyd: Dankie tog!
Life in the Slow Lane: It's all in the alphabet
Chatterbox: Wrap your head around this...!
Inspirasie viri Nasie: Hope in the Lord
Life in the Slow Lane: Eating out hard to swallow
George Herald Blogs
Chatterbox
Déjà vu
Inspirasie viri Nasie
Life in the Slow Lane
Lugtyd
Mouthwash
The Jolly Lama
Those Camera Guys
Men
Women
Search
I'm a 60 year old man looking to meet women between the ages of 38 and 54.
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 50 and 63.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms