Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Die Tuiskoms
08:05 (GMT+2), Mon, 21 May 2012
13
“Juffrou, ek gaan môre huis toe, Juffrou!", hy lag dat sy ogies klein trek soos sy lippe al breër ooprits oor sy groot wit tande.

Ons skud blad, want dis ‘n blye weer siens – ons is immers ou vriende. Ek onthou hulle goed – die drietjies van Prins Albert – Andrew Voetpad, Jovan Olivier en Dawid Gurah. Dit was 2008.

Ons was besig met ons eerste groot Kersproduksie saam met die tronk. Die RAP-groep het ‘n ritmeseksie nodig gehad voordat ons kon vorder. Skielik was die eetsaal waarin ons moes repeteer leeg, maar kort voor lank was die hele bondel terug…met drie ekstra siele by. Binne sekondes was die driemanskap besig om die mees aansteeklike ritme uit te tokkel – op twee klein djembe-drommetjies en ‘n plastiekemmer met twee tandeborsels as tromstokkies!

‘Kap’ noem hulle dit, leer ek vinnig en kap, kon hulle kap. Ek het voorwaar vergesigte gesien van hoe hulle drie ‘n ‘drumming circle’ in Prins Albert sal begin…vir die werkloses, vir die verwaarloosdes, vir dié sonder hoop. Maar Voetpad verloor toe eerste sy pad. Gevolg deur Jovan, gevolg deur Dawid. Dis maar hoe dit is, die bose siklus van opstaan op reeds wankelrige bene en die onwafwendbare, struikel en val wat nie net volg nie, maar herhaal.

Só sedert 2008 sien ek hulle versugting om terug te keer na huise waar hulle by uitsondering nog welkom is. Sien ek hulle goeie intensies as ons die laaste keer groet voor hulle uitstap in die sivvies waarin hulle skielik so vreemd lyk. Sien ek die neergeslane oë, die skaamte wanneer ons mekaar weer op ‘n dag êrens in die tronk raakloop.

Dawid het ook so gelyk toe hy teruggekom het. Vanaand lyk Dawid anders – hy is in swart geklee soos die res van sy spanmaats in die sokkerklub: hulle kry vanaand erkenning vir hulle spel die afgelope seisoen. Soos sovele kere sedert my ‘journey’ met die tronk begin het in 2008, as ek die jong gesigte voor my sien, is dit ondenkbaar dat hulle ooit iets só verkeerds kon doen, dat hulle ‘n deel van hulle jeug daarvoor moes inboet. Die wipplankry tussen verwagting en teleurstelling ten spyt, was daar iets omtrent die braakland van hierdie gestroopte menslike kondisie, wat my hoop op herstel aangevuur, eerder as geblus het. Onlangs moes ek besef dat ek in my eie menslike broosheid, my rieme dunner moet sny wat tydsbesteding betref, sou ek daarop hoop om vir my eie kind ‘n goeie en teenwoordige ma te kan wees.

En so het die tronk se hek, voorlopig vroeër vanjaar vir ‘n tyd lank agter my toegeswaai. Ek sou terug wees, gouer as waarop ek gereken het. Toe ek nou die aand by die erkenningsaand moes gaan foto’s neem, is dit asof my motor sommer instinktief die pad tronk toe vat. Dis omtrent ‘n vrolikheid soos die hekke oopswaai met ‘long time, no see’ wat herhaaldelik deur die koue gange eggo.

So tussendeur die joligheid ek kry die vreemdste gevoel: ek voel tuis, asof ek terug is waar ek hoort – hoe verregaande dit ookal mag klink. Soos ek Dawid groet, staan bekende en selfs nuwe gesigte met vrymoedigheid nader. “Ag Juffrou, wanneer doen ons tog weer drama?” …en…”Ma’am, do you remember me from the program?”

Ek gee vir Dawid ‘n laaste sedepreek toe ek loop. Dit vorm deel van die verwagte interaksie. “Is jy dié keer reg, Dawid? Ek wil jou nie wéér hier sien nie, hoor?” vermaan ek. “Haai Juffrou..ja Juffrou…nee Juffrou…nooit weer nie Juffrou!”
Die spreiligte buite laat die lemmetjiesdraad blink soos ‘n blinkergordyn. Ek kyk terug na die tronk en dink aan die vrolike, goed-geklede jong mans daarbinne, wat vir ‘n slag normaal sosialiseer.

Home is where the heart is, word daar gesê. Is dit dalk hoekom die aand soos ‘n tuiskoms voel?
I’m joking – right? Dis moontlik, maar ten minste weet ek waar my hart is. Wonder jy ooit waar joune is? Ek vra maar net.
Posted by Cornelle Carstens | Email Send to a friend | Print Print Article | Bookmark and Share
Your Comments...
 
Carla1987 says: 21/05/2012 15:30:01
Pragtige storie Cornelle

Please login at the top of the page.
Latest Blog Postings
The Jolly Lama: Spotting a bully
Inspirasie viri Nasie: Getting quiet
Inspirasie viri Nasie: Joost: Rustyd of eindfluitjie?
Life in the Slow Lane: A case for proper polygamy?
Mouthwash: Taal
Life in the Slow Lane: A soapy with a true to life tale
Inspirasie viri Nasie: Winning and losing
Those Camera Guys: Canon are up to something really cool
Lugtyd: Winter op sy beste
Life in the Slow Lane: Enough to make your hair stand on end
George Herald Blogs
Chatterbox
Déjà vu
Inspirasie viri Nasie
Life in the Slow Lane
Lugtyd
Mouthwash
The Jolly Lama
Those Camera Guys
Men
Women
Search
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 37 and 60.
I'm a 38 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms