TUINROETE NUUS - Altesame 155 hengelaars het aan die Eden-hengelvereniging se vyfde somerligabyeenkoms by Wilderness deelgeneem waar 'n totaal van 146,10 kg vis gevang is.
Daarvan was 49 oneetbaar en 18 eetbaar. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Knysna-hengelklub het in moeilike omstandighede die beste gevaar en 37.01 punte ingesamel. Ruaan Westraad van Stilbaai-hengelklub (23.98 punte) was die tophengelaar van die dag. Die beste junior (onder 16) was Juanco Bosshoff van Triton-hengelklub met 6.24 punte en die topmeester was Bryan Rapson van Knysna-hengelklub met 11.69 punte. Die beste grootmeester was Nico Lesch van Outeniqua-hengelklub in George met 2.15 punte.
Die grootste eetbare vis - 'n kabeljou van 3,12 kg - is deur Juanco Boshoff van Triton-hengelklub in Mosselbaai gevang en swaarste oneetbare vis was 'n diamantrog van 20,97 kg wat deur Ruaan Westraad van Stilbaai-hengelklub ingeweeg is.
Die posisies van die klubs ná afloop van die vyfde kompetisie was as volg:
A-liga
1. Stilbaai (427.30) 2. Knysna (387.99) 3. George (378.12 ) 4. Triton (371.06) 5. Atlantic (369.11) 6. Outeniqua (342.95) 7. Mosselbaai (148.36).
B-liga
1. Stilbaai (308.84) 2. Triton (251.98) 3. George (206.23) 4. Outeniqua (165.65) 5. Atlantic (152.12) 6. Knysna (116.78) 7. Mosselbaai (103.56).
C-liga
1. George (101.81) 2. Outeniqua (49.38) 3. Knysna (37.73)
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'