Translate to: 

Knysna Sekondêr verbeter matriekuitslae

Knysna Sekondêr verbeter matriekuitslae
Juigende studente van Knysna Sekondêr ontvang hul uitslae by die skool op 5 Januarie. Fotos: Stefan Goosen
KNYSNA NUUS - “Ons is in ekstase oor ons verbeterde uitslae. Dit het baie bloed en sweet gekos, maar al die harde werk deur die jaar het uiteindelik vrug gedra.”
 
Aan die woord is Vivian Bezuidenhout, waarnemende hoof van Knysna Sekondêr, ’n hoërskool net buite Knysna op die Plettenbergbaai-pad.
 
Volgens Bezuidenhout het die skool se uitslae van die nasionale senior sertifikaat-eksamens van 79.6% in 2015 tot 86.5% in 2016 gespring. “Dit is alles te danke aan die kinders se toewyding. Ons het selfs naskoolse klasse gehou, op naweke gewerk en ons vakansies ook opgeoffer om ekstra werk in te sit,” het hy gesê.
 
“Ek wil nie net die kinders en hul ouers bedank hiervoor nie, maar ook alle personeel by die skool: van onderwyser tot skoonmaker tot sekretaresse – almal het bygedra,” het Bezuidenhout afgesluit.
 
Knysna Sekondêr se top drie-leerders na die eksamens was Garth Gainsford (18) met ’n gemiddeld van 79.3% en vier A-simbole; Ivan Hartzenberg (18) met ’n gemiddeld van 68.4% en een A; en Bernalee Manuel (17) met ’n gemiddeld van 65.1% en een A.
 
Die Knysna-Plett Herald het met dié drie gesels oor hul skoolloopbaan en wat die toekoms moontlik mag inhou.
Garth beplan om vanjaar BPharm aan die Universiteit van die Wes-Kaap te gaan studeer. Hy vertel dat die breër gemeenskap baie trots is op hom oor sy uitstekende uitslae.
 
Garth, ’n man van min woorde, vertel dat sy gunsteling vak op skool wiskunde was. “Dit verg dat mens bietjie buite die boks moet dink en jou regterbrein so veel as jou linkerbrein moet gebruik. Daar is nie nodig om goed te ‘memorise’ soos in ander vakke nie,” sê hy. Buiten sy akademiese prestasie op skool, was Garth ook prefek en is hy as die skool se dux-leerling vir 2016 aangewys.
 
Wat sal hy die meeste van skool mis? “Defnitief die lewendige klas-gees van 12A!” sê hy.
 
Ivan is net so beskeie oor sy prestasie en vertel dat hy gelukkig is oor sy uitslae, alhoewel hy voor die eksamens vir beter gehoop het. “Maar die eksamens was baie moeilik, en ek het myself eintlik verbaas met die uitslae wat ek gekry het,” vertel hy.
 
“Ek het ook geweet dis my laaste skool-eksamen ooit, so ek het elke dag hard gebid,” skerts hy.
 
Ivan het sy skoolloopbaan op Rheenendal begin en het in 2014 na Knysna Sekondêr geskuif. In sy vrye tyd, sê hy, hou hy daarvan om bietjie TV-speletjies te speel en saam met vriende te kuier.
 
Op skool het hy die meeste aandag aan besigheidstudies gegee omdat dit sy gunsteling vak was. “En dis seker hoekom ek die A daarvoor gekry het,” lag hy.
 
Terwyl hy wag om te hoor of hy ’n ambag deur middel van ’n “learnership” sal kan aanleer vanjaar, sê Ivan hy gaan maar vir ’n tydelike werk soek om inkomste te genereer.
 
“Ek gaan beslis my onderwysers baie mis, omdat hulle ’n groot hulp en invloed regdeur my skoolloopbaan was en die dryfkrag agter alles was, maar een ding is vir seker – ek gaan beslis nie die vroeg opstaan mis nie,” grap hy.
 
Bernalee, van Fraaisig, vertel dat haar ouers baie trots is op haar en baie bly is dat sy een van haar doelwitte in die lewe bereik het.
 
Sy speel die orrel in haar kerk en lees en skryf graag. “Dit is hoekom ek so baie van Engels, Afrikaans en geskiedenis gehou het. Ek moes in al daardie vakke opstelle skryf en ek is baie lief vir skryf,” sê sy.
 
Haar liefde vir lees en skryf het Bernalee geinspireer om vanjaar opvoedkunde te gaan studeer, al is sy nog nie seker waar nie. Op skool was sy ook ’n prefek en deel van die debat-span.
 
Wat gaan sy die meeste van haar skooldae mis? “Vir seker al my vriende!”
 
ARTIKEL & FOTO: STEFAN GOOSEN, KNYSNA-PLETT HERALD-JOERNALIS 
 
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus' 
07:23 (GMT+2), Thu, 12 January 2017
Your Comments...
 
Login or Register here.
*To REGISTER you will be directed to the registration page. Once you have completed the registration process, please return to this page.

Weather

Currencies

US Dollar
Pound Sterling
Euro
Australian Dollar
New Zealand Dollar
Canadian Dollar
UAE Dirham
Singapore Dollar
Chinese Yuan

Moon Cycle

CURRENT MOON

Horoscopes

Get your free daily horoscope + free daily forecast below.
Choose your zodiac sign:
  Aries    
March 21 - April 19
Libra    
September 23 - October 22
  Taurus    
April 20 - May 20
Scorpio    
October 23 - November 21
  Gemini    
May 21 - June 20
Sagittarius    
November 22 - December 21
  Cancer    
June 21 - July 22
Capricorn    
December 22 - January 19
  Leo    
July 23 - August 22
Aquarius    
January 20 - February 18
  Virgo    
August 23 - September 22
Pisces    
February 19 - March 20

Movie Trailers

Acclaimed writer and historian Deborah E. Lipstadt must battle for...
A group of Boston-bred gangsters set up shop in balmy Florida during the...
In the irreverent spirit of fun that made “The LEGO®...
Xander Cage is left for dead after an incident, though he secretly returns...
Terwyl sy een aand weer lustig voorklets op die foon, vermoor iemand haar...

Games

Air hockey is one of everyone's favorite challenges! Represent your...
This is the most advanced edition of the popular online version of Pool...
In this Digital Domino Game all the rules are the same as the real game....
The classic mind-wracking math puzzle game is now online! With a brad new...
Voting Poll
The service level agreement (SLA) between the municipality and tourism body Knysna & Partners will end on June 30, 2017 which means the fate of Knysna & Partners is unsure. It may or may not be renewed by the municipality.
Knysna & Partners do a great job and must stay
Knysna-Plett Herald 100%
A change in tourism in Knysna (Knysna & Partners) is needed
Knysna-Plett Herald 0%
Men
Women
Search
I'm a 60 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 60.
I'm a 45 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 50.