Wanda Mkutshulwa, SANParke se nasionale woordvoerder, sê die leeu is sowat 20km van die noordwestelike grens van die park af opgespoor.
“Hy was op dieselfde plek vanwaar die satellietsein van die sender in sy halsband gister ontvang is. Die grondspan en die helikopterspan kon hom nader.
“Sylvester het dit moeilik gemaak deur onder digte bosse te skuil. Ons span se ervaring en kundigheid het die deurslag gegee en hy is omstreeks 14:30 opgespoor.”
Die leeu is verdoof en word in onder verdowing in ’n draadnet onder aan die helikopter teruggeneem park toe.
“Sylvester sal in die boma aangehou word waar hy na sy vorige omswerwinge aangehou is,” se Mkutshulwa.
“ Hy gaan daar bly totdat SANParke se deskundiges besluit het wat om met hom te doen.”