|
|
SuperSport-hoogtepunte
14:58 (GMT+2), Mon, 20 August 2012
|
|
|
NASIONALE NUUS - Terwyl televisiekykers hulle dié naweek op die doen en late van rugbyspelers in vier internasionale wedstryde toespits, ding gholfspelers in twee toernooie om byna R85 miljoen mee.
Die gholf, wat ook regstreeks op SuperSport uitgesaai word, sluit nie eers een van die Groot Vier in nie. Maar in die Barclays-kampioenskap in Amerika is prysgeld van oor die R66 miljoen op die spel. Die wenner kry dollars ter waarde van kort duskant die R12 miljoen.
En in die Johnnie Walker op Gleneagles in Skotland speel die manne om 'n eerste prys van R2,7 miljoen. Die naaswenner moet tevrede wees met R1,8 miljoen van die algehele prysgeld van so skuins oor die R18 miljoen.
Nogtans sal 'n paar miljoen TV-stelle in die Suidelike Halfrond Saterdag op twee wedstryde in die Rugbykampioenskapsreeks ingestel word: Nieu-Seeland teen Australië in Auckland en Argentinië teen Suid-Afrika in Mendoza.
Die moontlikheid dat verlede naweek se verloorspanne in die herontmoetings kan wraak neem, verseker dat die geesdrif wéér hoog loop.
Suid-Afrika en Engeland se krieketspanne dam mekaar Vrydag by in 'n eendaagse wedstryd wat een van die naweek se hoogtepunte op SuperSport sal wees.
Nóg sprankelende atletiek - dié keer in Birmingham - Curriebekerrugby, motorfietsrenne en die botsing tussen Orlando Pirates en SuperSport United se sokkerspanne is ook op die propvol programlys.
Soveel sokker word regstreeks uitgesaai dat die bepalings nie almal hier verskaf kan word nie. Die volledige besonderhede is op www.supersport.com/football.
SuperSport hoogtepunte (alles regstreeks):
Vrydag 24 Augustus:
- Fietsry: Spaanse Vuelta, skof 7 - 15:50 tot 18:00 op SS 6.
- Gholf: Johnny Walker, Gleneagles, dag 2 - 15:30 tot 19:30 op SS 5.
- The Barclays, dag 2 - 21:00 tot 00:00 op SS 1.
- Krieket: Engeland t SA, eerste eendagwedstryd - 10:45 tot 19:30 op SS 2.
- Indië t Nieu-Seeland, eerste toets, dag 2 - 13:30 op SS 5.
- Rugby: Nieu-Seelandse ITM-reeks: Tasman t Canterbury - 10:00 op SS 1.
- Curriebeker, eerste liga: Boland-Kavaliers t Pumas - 14:45 op SS 1 en SS 4.
- SWD-Arende t OP-Kings - 19:00 op SS 1 en SS 4.
- Onder-21 B: Boland t Pumas - 12:40 op SS 1.
- Franse Top-14: Bordeaux-Begles t Perpignan - 20:40 op SS 5.
Saterdag 25 Augustus:
- Fietsry: Spaanse Vuelta, skof 8 - 15:50 op SS 2.
- Gholf: Johnnie Walker, Gleneagles, dag 3 - 14:00 tot 18:00 op SS 6.
- The Barclays, dag 3 - 19:00 tot 00:00 op SS 6.
- Krieket: Indië t Nieu-Seeland, eerste toets, dag 3 - 05:50 tot 13:30 op SS 5.
- Motorsport: Toermotors: DTM, Zandvoort, kwalifisering - 13:40 op SS 2.
- MotoGP: Tsjeggiese Republiek, GP - 13:45 op SS 5.
- Rugby: Nieu-Seelandse ITM-beker: Otago t Northland - 06:30 op SS 1.
- Die Rugbykampioenskap: Nieu-Seeland t Australië - 09:00 op SS 1 en M-Net.
- Argentinië t SA - 21:00 op SS 1 en M-Net.
- Curriebeker: Griekwas t Cheetahs - 14:50 op SS 1 en M-Net.
- Goue Leeus t WP - 16:55 op SS 1 en M-Net.
- Onder-21 B - Griekwas t Griffons - 12:40 op SS 1.
- Sokker: MTN-8, halfeind: Orlando Pirates t SuperSport United -19:30 op SS 4.
- Drie Engelse ligawedstryde van 13:00 tot 20:55 op SS 3.
Sondag 26 Augustus:
- Atletiek: Diamantliga, Birmingham - 16:00 tot 18:00 op SS 5.
- Fietsry: Spaanse Vuelta, skof 9 - 15:50 tot 18:00 op SS 2.
- Gholf: Johnnie Walker, Gleneagles, dag 4 - 14:00 tot 18:00 op SS 1 en GDN.
- The Barclays, dag 4 - 18:00 tot 00:00 op SS 1 en GDN.
- Krieket: Indië t Nieu-Seeland, eerste toets, dag 4 - 05:50 tot 13:30 op SS 5.
- Onder19-Wêreldbeker, eindwedstryd - 01:20 tot 09:45 op SS 2.
- Motorsport: MotoGP, Tsjeggiese Moto3 - 10:45 op SS 2.
- Tsjeggiese Moto2 - 12:00 op SS 2.
- Tsjeggiese Moto2-eindronde - 13:45 op SS 2.
- Superfietsrenne: Russiese wedren 1 - 13:45 op SS 6
- Russiese Supersport - 15:15 op SS 6
- Russiese wedren 2 - 17:30 op SS 6
- DTM-byeenkoms, Zandvoort - 14:00 op SS 5
- Seiljagvaart: Wêreldreeks: Amerikabeker, San Francisco - 20:15 op SS 6.
- Sokker: MTN8, halfeind - Moroka Swallows t Mamelodi Sundowns - 14:30 op SS 4.
- Vroue-Wêreldbeker, onder-20 - 09:50 en 12:05 op SS 3 en SS 7.
- Twee Engelse en twee Spaanse ligawedstryde - 14:20 tot 00:00 op SS 3.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Other
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 30.
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 48 year old woman looking to meet men between the ages of 44 and 58.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 52.
|
|
|
|
|
|
|