|
|
Koorleiers kry leiding
11:34 (GMT+2), Mon, 20 August 2012
|
|
|
SUID-KAAP NUUS - Sowat 30 koorleiers, sangers en orreliste het Saterdag 18 Augustus die voorreg gehad om opleiding van twee kenners te kry.
Jan-Erik Swart van die Suid-Kaapse Kinderkoor en Bouwer van Rooyen van Bloemfontein, leier van die cantando@bloemkoor, begaafde orrelis en voorsitter van Sakov (die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging), het die opleiding verskaf.
Jan-Erik het leiding gegee oor koorleiding in die praktyk: ten eerste die verskillende koor- en sangtradisies, die waarde van sang vir geestes- en liggaamlike gesondheid, metodes van opleiding en direksie van kore. Bouwer het inligting verskaf oor die ondersteuning en middele wat Sakov tot die beskikking van kerkmusiekleiers stel.
Die vereniging beskik oor waarskynlik die grootste beursfondse in Suid-Afrika. Hierdeur word honderd duisende rande jaarliks vir leerders, studente en selfs ouer volwassenes vir verdere studie in orrelopleiding beskikbaar gestel, want so belangrik word die instrument geag.
Ter afsluiting het Bouwer twee liedere ingestudeer met die kursusgangers as koor. Binne veertig minute is daar 'n verbasende standaard bereik!
Die oggend was 'n inspirasie vir die deelnemers wat hoë lof gehad het vir wat hulle geleer het, asook die kundige aanbieding daarvan.
Navrae oor Sakov kan gedoen word by Karen, 044 874 4904, of besoek die webblad www.sakov.org.za.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 50 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 29 year old man looking to meet women between the ages of 22 and 32.
I'm a 19 year old woman looking to meet men between the ages of 18 and 25.
I'm a 33 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 45.
|
|
|
|
|
|
|