|
|
Mimi Coertse is beskermvrou van Klein Karoo Klassique
13:05 (GMT+2), Mon, 13 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Mimi Coertse is 'n ikoon en dit is 'n eer dat hy as beskermvrou van die Klein Karoo Klassique gaan optree.
|
SUID-KAAP NUUS - Die opera-legende, Mimi Coertse, het ingestem het om 'n beskermvrou van dié Klein Karoo Klassique Klassieke musiekfees te word.
By 'n galakonsert, wat 'n jaarlikse hoogtepunt van die Klassique musiekfees is, het Kuns Onbeperk, die maatskappy wat die Klassique en die Absa KKNK aanbied, die aangekondig gedoen.
Die Klein Karoo Klassique word jaarliks in Augustus op Oudtshoorn aangebied en van die land se voorste jong musici tree hier op. Die Uitvoerende Hoof van Kuns Onbeperk, Brett Pyper, sê dit is 'n reuse voorreg om iemand van Coertse se statuur as beskermvrou van Klassique te hê.
"Coertse is 'n internasionale ikoon en haar assosiasie met Klein Karoo Klassique kan net die profiel van die steeds groeiende fees verder verbeter.
"Sy het haar ook oor die jare beywer om jonger sangers van verskeie agtergronde te help om tot die verhoog toe te tree en sy deel ons visie van 'n klassieke musiekwêreld waarin almal kan uitblink. Ons kan haar nie genoeg bedank vir haar bereidwilligheid om saam met ons dié pad te stap nie," sê Pyper.
Pyper sê Coertse gaan as nie-uitvoerende ambassadeur van die fees optree. "Die hoogtepunt van die jaarlikse fees, 'n simfoniese galakonsert wat op die Saterdagaand aangebied word, gaan ook na Coertse vernoem word. In die toekoms gaan daar ook kruisbestuiwing onder Coertse se naam tussen Klassique en die klassieke-program van die Absa KKNK ondersoek word," sê Pyper.
Coertse het Saterdagaand die pryse oorhandiging vir die ATKV se Muziqanto- kompetisiewenners.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 33 and 45.
I'm a 42 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
I'm a 54 year old woman looking to meet men between the ages of 50 and 57.
|
|
|
|
|
|
|