Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Steve Hofmeyr kom Suid-Kaap toe
09:15 (GMT+2), Thu, 09 August 2012
Steve Hofmeyr kom Suid-Kaap toe
Steve Hofmeyr
SUID-KAAP NUUS - Suid-Afrikaanse gunsteling, Steve Hofmeyr, is eersdaags op George met ritmiese wikkel-deuntjies, glimlaglirieke en 'n ligter aanslag om 25 jaar in die musiekbedryf te vier.

Die konsert vind op 22 September in die Laerskool George-Suid se skoolsaal plaas en word aangebied deur die George Herald, in samewerking met XtremeFunctions.

Kaartjies is beskikbaar teen R150 per persoon vir die Goue Sirkel - dus kaartjies naaste aan die verhoog (voorste rye) - terwyl ander kaartjies R120 per persoon beloop.

Kaartjies is beskikbaar by die kantore van die George Herald by Yorkstraat 72 of by Eduard Hugo van XtremeFunctions by 071 868 6231. Die George Herald-kantoor in Ringweg 13 verkoop eksklusief die Goue Sirkel-kaartjies.

"Natuurlik sing ek steeds daai ou staatmakers 'Pampoen', 'Bloubul', 'Liefling' of 'n Neil Diamond van jou keuse, maar ek was lanklaas so opgewonde om my nuwe treffers by daardie familie te voeg," vertel Steve. "As jy van 'Blou Ballon' en 'Juliet' gehou het, is hierdie jou konsert!"

Hofmeyr tree ook in Mosselbaai op - hierdie konsert vind op 21 September plaas.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Entertainment News
Murdered to Death
Damesoggend met Lizz Meiring
Programme highlights
David Lazarus (re)visits Plett
Mel Botes dié naweek by Barnyard
Coenie kuier in Suid-Kaap
Jong dramaskrywers gesoek
Bekende orrelis tree op
Pragkuns pronk by alma mater
Crafts on Queen exhibition
Archive
Men
Women
Search
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 47.
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 37 and 55.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms