|
|
Kry so waarde uit huisinspeksies
14:24 (GMT+2), Wed, 08 August 2012
|
|
|
EIENDOMSNUUS - Dit is onteenseglik waar dat die geld wat jy 'n professionele persoon betaal om 'n huis te inspekteer voor jy koop 'n goeie belegging is, veral as daar probleme met die eiendom is.
Maar, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, dit kan selfs die geld werd wees as die eiendom in 'n goeie toestand is en jy besluit om met die koop voort te gaan.
Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts: Dat die inspekteur se verslag jou 'n goeie idee behoort te gee van wat aan die eiendom gedoen is vandat dit gebou is. Jy sal byvoorbeeld uitvind of daar enige groot gebreke aan die oorspronklike struktuur was wat aandag vereis het, selfs al is dit nie meer 'n probleem nie.
Jy sal ook weet of daar oor die jare enige aanbouings of veranderings was, waar dit is en of dit behoorlik gebou is. En jy behoort 'n baie beter idee te kry van die gehalte van die boumateriaal en toebehore soos bakstene, deure, vensters, warmwatertoestelle, bedrading en loodgieterwerk en wat die verwagte lewensduur daarvan is. 'n Huisinspeksie is soos 'n X-straal en dit behoort jou dieselfde soort onmiddellike insig in die eiendom se geskiedenis en verwagte toekoms te gee.
'n Mens kan gewoonlik baie gou bemerk as 'n kombuis of badkamer opgeknap is en uitwerk dat dit nie gou aandag gaan verg nie, maar dit kan 'n hele ruk neem om van die 'verborge' aspekte van 'n nuwe huis en die nodige onderhoudswerk bewus te word.
Jy besef dalk nie dat die dak wat nou so goed vertoon elke twee jaar waterdig gemaak moet word om dit in goeie toestand te hou, of dat jy moet begroot om toerusting soos boorgat- of swembadpompe gereeld te laat nasien nie. Die meeste mense hanteer sulke aspekte van huisbesit inderdaad op 'n ad hoc-basis en dit kan hul geldsake lelik deurmekaar krap.
Met 'n volledige verslag van die inspeksie kan jy egter 'n deeglike voorkomende onderhouds- en vervangingskedule vir jou huis beplan en so gemoedsrus kry omdat jy betyds vir sulke uitgawes kan begroot - en natuurlik daardeur jou belegging kan beskerm."
Die koste verbonde aan huisinspeksies wissel gewoonlik tussen R3 500 tot R5 000 en jou beste keuse is 'n maatskapy wat met die International Association of Certified Home Inspectors (InterNACHI) geregistreer is.
(Uitgereik deur Chas Everitt International)
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Southern Cape Property
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 42.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 24 and 39.
I'm a 24 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 30.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 42.
|
|
|
|
|
|
|