Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Driejaarplan vir Landbouskou
14:35 (GMT+2), Tue, 31 July 2012
Driejaarplan vir Landbouskou
Willie Ward, sameroeper van die pluimveeafdeling wat vanjaar 'n duiweafdeling insluit.
SUID-KAAP NUUS - 'n Nuutgekose skouraad van die George-skou, onder leiding van die president, Gert Pretorius het 'n driejaarplan in werking gestel om die landbouafdelings by die skou terug te kry en uit te brei.

Weens veranderde denkrigtings onder organiseerders oor die afgelope paar jaar, het die landbousektor se aandeel in die plaaslike skou al hoe kleiner geword. "Beëindiging van borgskappe en gepaardgaande tekort aan fondse het die George-skou op die randjie van bankrotskap laat draai," het Pretorius gesê.

Die nuwe skouraad is egter positief oor die vordering wat reeds gemaak is om landbou weer sy regmatige plek by die skou te gee. George sal eersdaags weer dié landbouskou van ouds wees, het hy gesê.

Die skou vind vanjaar plaas van 16 tot 18 Augustus by die skougronde, die eiendom van die Outeniqua-skouraad.
Vleisbeeste is vanjaar met mening terug ná 'n lang afwesigheid. Die Suid-Kaap Simmentaler-kampioenskappe word hier gehou en onder leiding van Leon van Rooyen (tel: 082 3353094) word beoog om meer as 80 beeste en agt verskillende rasse tydens interras-kampioenskappe ten toon te stel.

Die suiwelafdeling, onder beheer van Gerhard Lenferna (tel: 083 628 4937) bied vanjaar die Jersey-streekskampioenskap aan en daar word meer as 40 uitgesoekte melkbeeste ten toon gestel. Die vooruitsig vir die oprigting van 'n melkmasjien en die voorsiening van vars melk aan skougangers is ook in die pyplyn.

Carl Opperman, hoof- uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap, tree Vrydagmiddag by die beesring op as spreker.

Jeugskou

Jurie Wessels (tel: 082 333 6646) bedryf die Jeuskou wat leerders die geleentheid bied om deel te neem aan landbouverwante aktiwiteite.

Skape

In die kleinvee-afdeling sorg Pieter Aucamp van BKB (tel: 082 825 3890) dat daar hierdie jaar sowat 100 skape vertoon sal word. Belangstellendes kan die SA Vleismerino- en Dohne Merinokudde-evaluering en 'n BKB-skaapskeerdemonstrasie bywoon.

Willie Ward (tel: 072 905 5858) reël jaarliks die pluimveeuitstalling. Minstens 12 verskillende hoendervariëteite sal besigtig kan word. 'n Nuutjie gaan die betrokkenheid van die duiwe wees, soos die Birmingham Rollers en wedvlugduiwe.

Ruiterkunsproewe

Die Oostelike Saalperd-subunie kies jaarliks drie skoue in die provinsie waar voornemende Protea-ruiters, aan ESSASA se ruiterkunsproewe kan deelneem. Daar word ook 'n klubskou vir die Oostelike Provinsie Saalperd-subunie aangebied. Dennis Schley is die perdesameroeper (tel: 082 881 3306).

Uitstallings

Daar sal onder meer uitstallings te sien wees van die Polaris-veldvoertuig, voerbakke, besproeiingspype, 4x4-plaasfietse, hoëdrukspuite, die proefplaas en ander toerusting.

Mense wat wil uitstal in die landbou-, industriële of ander afdelings, kan Susan Willemse, die stalletjiekoördineerder kontak by 082 881 3305.

Nasionale verskaffers soos Bell, Barloworld, New Holland en Parmalat is genader om weer deel te wees van die landbou-uitstallings en plaaslike instansies soos onder andere Haddad, Kubota, Butlers Cheese en vele ander is vriendelik genooi om hul landbouprodukte ten toon te stel.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
Agri SA erken uitstekende advertensies
Mans gevonnis vir versperring van pad
'n Veld so wyd soos die natuur!
Boere skep nuwe interrasveiling
SACAU elects new board of directors
Vertonings van 'Klaas se Plaas'
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Archive
Latest News
All about orchids
Stable interest rate welcomed amidst growing market confidence
Agri SA erken uitstekende advertensies
Japanese Rotarians hosted by Knysna
Nissan wants to double sales in Africa
Toonaangewende leiers binnekort bekroon
Why landlords need professional letting agents
Hospital accused of neglect
Pink Trees for Pauline
Traditional checks on agents no longer valid
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 51 year old man looking to meet women between the ages of 38 and 48.
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 34.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms