Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
SWD-laerskole se wenresep vir rugby
08:30 (GMT+2), Fri, 20 July 2012
SWD-laerskole se wenresep vir rugby
Die twee afrigters van die SWD-laerskolespan, Flippie Grobbelaar (regs) van Laerskool Outeniqua en Stanley Kruger (links) van Laerskool Park, is ‘n goeie kombinasie en danksy ‘n uitstekende ondersteuningstruktuur, is hierdie span nou op die wenpad.
SUID-KAAP NUUS - Die twee SWD-afrigters, Flippie Grobbelaar van Laerskool Outeniqua en Stanley Kruger van Laerskool Park, beide oud-Vrystaters, ken mekaar al sedert hulle studentedae, toe hulle saam onderwysstudente op koshuis was vanaf 1990 tot 1993. Daarna het Flippie 'n onderwyspos in die Noord-Vrystaat en Stanley een in Bloemfontein aanvaar.

Die twee se paaie het weer gekruis toe hulle drie keer as rugby-skeidsregters vir hul provinsies, onderskeidelik Noord-Vrystaat en Vrystaat, tydens Cravenweek as skeidsregters opgetree het. Hierna is hulle saam opgeneem in die SARFU se skeidsregterspaneel vir seniors, waarna hulle mekaar selfs beter leer ken het. In 2002 het Stanley die Vrystaatse laerskoolspan afgerig, wat deelgeneem het aan die finaal van die Cravenweek daardie jaar.

Daar word onder die spanlede van die SWD-Laerskolespan gesê dat die twee saamhoort soos grondboontjiebotter en stroop, want hulle ken mekaar se swak- en sterkpunte en hulle vul mekaar skitterend aan. As die een raas, dan troos die ander en as die een die voorspelers 'n nuwe tegniek aanleer, dan wys die ander vir die agterspelers 'n beweging of twee.

Die bestuur van die SWD-laerskolespan, onder leiding van Pietie Conradie (voorsitter), Martin Davids (sektretaris) en Werner Stander (tesourier), moet 'n pluimpie kry. Die wyse waarop die laerskole-bestuur die laerskool-rugby in die SWD opgetel het, in vergelyking met die stand van sake sowat vier jaar gelede, is merkwaardig.

Nadat SWD verlede jaar 16de geëindig het, het die bestuur 'n noodvergadering gehou en begin met die implementering van 'n regrukaksie in 2012. 'n Jaar se beplanning en harde werk is ingesit. 'n Groep van 44 spelers is geïdentifiseer en is maandeliks deur afrigters byeengebring om geslyp te word. Die bestuur het nuwe idees verwelkom en positief gebly, met die gevolg dat SWD-laerskole se rugby tans onder die top vyf provinsies landswyd gereken kan word.

Elton Titus (spanbestuurder) en Jacques Meyer (fiksheidsdeskundige) het 'n reusetaak verrig. Behalwe vir die algemene papierwerk, het hulle ook gehelp en bygestaan met die afrigting, die kondisionering van die kinders en moes hulle die span geestelik voed. Die SWD-span is na 'n heel nuwe vlak geneem deur hierdie begeesterde manne. Die afrigtingskorps en bestuur het gereeld by mekaar uitgekom en vooropgestelde doelwitte vir die span uitgewerk.

Hulle het dit 'Mission Impossible' genoem en elke kind het 'n leêr gekry wat presies uiteensit wat van hulle verwag word.
Die ouers het van die begin af ingekoop in die planne en bankvas agter die afrigtingspan en laerskole-bestuur gestaan. Tydens elke oefening was die ouers teenwoordig met 'n koeldrank of 'n eetdingetjie vir die kinders of sommer net met 'n vriendelike glimlag en lekker geselsie.

Die ouers het, onder leiding van Gerrit Ackerman, borge vir die klere gesoek en etlike besighede het bygedra tot die kinders se sukses.

In 'n baie kort tydjie, is heelwat borgskappe ingewin. Tydens die Cravenweek, wat vanjaar in Bloemfontein gehou is, het die ouers opgedaag soos 'n ware wenspan om die span en afrigters deurgaans te ondersteun.

SWD-rugby op skolevlak is op 'n uitstekende vlak en van die beste in die land. Die spelers was uitgevat in die mooiste klere en sakke en het nooit nodig gehad om minderwaardig gevoel nie. Die uitdaging is nou om hierdie standaard te behou.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Rugby News
Bravo Lounge a welcome retreat for rugby fans
Interstreke rugby skop af
Bevin nuwe breier
Bravo Lounge set to stage Super Rugby
Giant loss for Eagles...
Futlose Arende moet nou bykom
Arende nou by kruispad
Haaie gaan Arende toets
Arende bewys doemprofete verkeerd
Verdediging sleutel tot sukses
Archive
Latest Sport
Goeie weer vir tennisveterane
Family forest hikes
New cross-country trail
Rooiberg Midwinter trailrun challenge
Juniors hone skills for international sailing
Running trials
SWD-span vir SA 10 km-kampioenskappe
Jaglisensies nou beskikbaar
AGM for umpires
Able Sport Akademie help kinders
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 50 year old man looking to meet women between the ages of 42 and 48.
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 34.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms