|
|
Die gesig van stres
14:41 (GMT+2), Wed, 11 July 2012
|
|
|
|
|
|
|
(Generiese foto)
|
LEEFSTYL NUUS - Miskien is dit omdat die helfte van nog 'n jaar al amper verby is. Of is dit nuwe verantwoordelikhede wat jou in die gesig staar en te min ure in die dag om alles te doen? As jy bietjie gestres voel, lees dan verder.
Ons voel dalk nie voortdurend geestesgesond en positief oor die lewe nie.
Oor die algemeen kan ons sterkpunte of veerkrag, en met ander mense se hulp, ons help om na 'n krisis of stresvolle situasie weer ons ou self te word. Sommige vorme van stres kan 'n uitdaging wees by voorbeeld 'n nuwe werk of ander verantwoordelikhede.
Ons moet sorg dat ons stresvlakke nie die punt bereik waar ons nie meer daagliks die lewe kan hanteer nie.
Die stres-toets
Toets jou stresvlak. Lees deur die vrae hieronder. Maak 'n regmerkie vir elke "ja"-antwoord.
- Voel jy gedurig moeg?
- Sukkel jy om te slaap?
- Ly jy aan hoopfyne, maagsere of slegte spysvertering?
- Sukkel jy om te konsentreer?
- Sukkel jy om te ontspan?
- Het jy belangstelling in seks verloor?
- Stel jy nie meer belang is stokperdjies en ander bedrywighede wat jy geniet het nie?
- Het jy jou eetlus verloor of eet jy meer as gewoonlik?
- Kom jy altyd laat by die werk aan?
- Vermy jy jou kollegas?
- Is jy kwaad, geïrriteerd of terneergedruk?
- Bring jy jou werkprobleme oornag of oor naweke huistoe?
- Neem jy oorhaastige, impulsiewe besluite?
- Sukkel jy om besluite te neem?
As jy jouself in die Strestoets herken, kan jy aan werkstres ly. Die meeste van ons voel vir kort tydperke in ons lewens so. Hoewel daar geen maklike en kits-oplossings vir sommige van ons probleme is nie, is dit goed om stappe te doen om stres by die werk te verlig om jou geestesgesondheid te herwin of te beskerm. Om die toestand te beheer kan jy:
- Waar moontlik jou prioriteite herrangskik: Fokus op die dinge wat belangrik is.
- Wees realisties: Deel projekte in hanteerbare take op. Besef wat jy kan en nie kan doen nie.
- Wees eerlik met jou kollegas/baas. Stel praktiese verbeterings voor.
- Gee aandag aan jou fisiese, geestelike en persoonlike lewe. Moenie vriende en familie verwaarloos nie.
- Maak tyd om te ontspan. Leer om "nee" te sê. Moenie skuldig voel oor jou ontspantyd nie.
- Kry steun: Ken mense uit met wie jy die probleem kan deel en oplossings kan uitwerk.
Geestesgesondheid het nie net te doen met die afwesigheid van geestessiektes nie, maar eerder met die kweek van geestesgesondheid en -welstand. Dit het te doen met 'n ba-lans tussen die hanteer van die probleme wat die lewe inhou en die gebruik van die geleent-hede wat die lewe vir verdere ontwikkeling bied.
Leer ken jou sterkpunte (werk daaraan om dit uit te bou) en kwesbaarhede (werk daaraan om dit te oorkom of hulp daarmee te kry) en leer om te besef wanneer jy dit nie kan hanteer nie en wanneer die gevaar van ongesonde stres dreig.
(Bron: www.westerncape.gov.za/eng/pubs/public_info)
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Lifestyle
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 45.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 26 and 32.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 42 and 54.
I'm a 52 year old woman looking to meet men between the ages of 53 and 59.
|
|
|
|
|
|
|