Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Praktiese beleggingsadvies: Slotopmerkings vir suksesvolle beleggings
13:21 (GMT+2), Wed, 04 July 2012
LEEFSTYL NUUS - In die vorige ses aflewerings van hierdie rubriek het ons probeer om 'n gesonde benadering tot beleggings aan te spreek en met hier-die slotaflewering word sekere kernaspekte herhaal en verder toegelig.

Oordeelkundige bate-allokasie bly die nommer 1 grondbeginsel van veilige en winsgewende belegging en tyd moet toegelaat word om sy sleutelrol in die groei in waardes van gekose bates te speel.

Baie min, indien enigiemand, slaag daarin om markte in die korttermyn reg te voorspel. Hou daarom by die beginsel om verliese te beperk en laat die wenners met tyd in die mark groei.

Wanneer die beloftes van 'n skema of belegging té goed klink is dit gewoonlik wel die geval.

Enige ernstige belegger behoort 'n aansienlike deel van sy fondse in 'n verskeidenheid van goed geselekteerde aandele, versprei oor 'n wye aantal marksektore, te belê.

Veral in die geval waar vir die eerste keer in aandele belê word, is dit wenslik om nie al die fondse bestem daarvoor op dieselfde tyd te bestee nie. Begin op klein skaal, om eers uself en u gedrag teenoor aandele te toets. Kies eers 'n paar aandele van maatskappye wat oor 'n hele aantal jare (8 en meer) konsekwent goeie, gereelde en groeiende dividende betaal het, 'n lae skuldlas relatief tot aandeelhouersbelang het, baie sterk kontantvloei en goeie wins- en kapitaalgroei gelewer het en oor 'n eienaar-gefokuste bestuur beskik. Be-vestig ook dat die gekose aandele daagliks in groot volumes op die aandelebeurs gekoop en verkoop word.

Beperk die kostes betrokke by belegging tot 'n minimum en maak seker dat waar van enige adviseur, beleggingsbestuurder en/of makelaar gebruik gemaak word, u ten volle ingelig is (en bly) omtrent die volledige kos-testrukture betrokke.

Bly in beheer van u beleggings. Om volhoubaar winsgewend te belê is harde werk maar om veral aandelebeleggings self aanlyn te behartig en u eie heil te bepaal, open 'n heel nuwe en opwindende belangstelling en tydverdryf met die vooruitsig op groot winsgewendheid in die langtermyn.

Volgens verskeie bronne het Einstein, een van die grootste wetenskaplikes van alle tye, gesê: "The most powerful force in the universe is compound interest.'' Hoewel daar nie absolute sekerheid bestaan of hy dit wel gesê het nie, is dit sekerlik so dat die wonder daarvan met suksesvolle beleggings oor die langtermyn beklemtoon word.

Daarom is tyd dan ook van die kragtigste hulpmiddele tot die beskikking van enige langtermynbelegger, maar kan natuurlik vir dieselfde rede aan die negatiewe kant ook vernietigend werk in geval van rente betaalbaar, herhalende verliese en kostes.

Ter illustrasie sal 'n jaarlikse beleggingsopbrengs van 15% (kapitaalgroei plus herbelegging van dividende) met 'n aanvanklike belegging van R100 000 na 20 jaar 'n eindbedrag van R1 636 653 lewer, maar as jaarliks 2% aan 'n tussenganger (beleggingsbestuurder, adviseur of agent, ens.) in kostes afgestaan moet word, sal die eindbedrag wat u toekom verminder met R484 344 na R1 152 309. Indien die jaarlikse fooi betaalbaar selfs na 1% gesny word, sal die finale bedrag met R262 304 na R1 374 349 krimp. So ook met verliese - 'n 50% verlies verg 'n 100% groei om weer te kom waar begin is, terwyl 'n verlies van 70% 'n 233% styging vra om gelyk te breek.

Ten slotte, 'n dwingende rede waarom u aandele moet besit: Finansiële voorspoed en rykdom is gewoonlik die resultaat van sake-eienaarskap.

Die maklikste manier om 'n deel van 'n suksesvolle besigheid te verkry is nie om een te begin nie, maar om 'n deel-eienaar te word via die aandelebeurs. So maklik - koop bv. aandele in Shoprite, British American Tobacco, PSG, ens. Alhoewel u totale winste nie so groot soos dié van dr. ChristoWiese, Anton Rupert of Jannie Mouton sal wees nie, die %-wins wat u op u belegging sal verdien, sal presies dieselfde as dié van gemelde here wees.

Sterkte met u huiswerk, voorspoed met u beleggings en rustige nagte!
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Lifestyle News
Toonaangewende leiers binnekort bekroon
Improve knee stability
Voorkom masels en polio só
Making bracelets
Handtoffels vir bejaardes
Breast cancer: 10 minutes can save your life
Healthy made easy
The bullying factor
Improve knee stability
Pensioners save their families billions
Archive
Latest News
All about orchids
Stable interest rate welcomed amidst growing market confidence
Agri SA erken uitstekende advertensies
Japanese Rotarians hosted by Knysna
Nissan wants to double sales in Africa
Toonaangewende leiers binnekort bekroon
Why landlords need professional letting agents
Hospital accused of neglect
Pink Trees for Pauline
Traditional checks on agents no longer valid
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 66 year old man looking to meet women between the ages of 55 and 62.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 24 and 50.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms