Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Kleinboer lei Afrika landbouverenigings
10:15 (GMT+2), Tue, 26 June 2012
LANDBOU NUUS - Op die webtuiste www.landbou.com is onlangs berig dat geskiedenis gemaak is toe 'n kleinboer van Malawi pas as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Konfederasie van Landbouverenigings (SACAU) verkies is.

Felix Jumbe, voorsitter van die Malawi-boerevereniging, wat op kleinboere fokus, is die eerste kleinboer wat in die 20 jaar lange bestaan van die organisasie tot voorsitter verkies word.

Jumbe sê tydens sy termyn wil hy veral op die volhoubaarheid van die boer op grondvlak fokus.

"Maak die boer geld uit wat hy of sy doen? Dít is wat saak maak en dit is wat ons organisasie sal uitbou."

Volgens Felix wil hy ook op die versterking van boere-organisasies in die 12 lidlande van SACAU konsentreer. "Ons sal kyk na die volhoubaarheid van nasionale boereverenigings. As die nasionale organisasies nie in staat is om hulle lande se beleide te beïnvloed nie, sal dit nie vir SACAU moontlik wees om sy doelwitte vir die streek te bereik nie."

Die hoof uitvoerende beampte van SACAU, Ishmael Sunga sê, Jumbe se verkiesing kan samewerking tussen kleinboere en kommersiële boere verbeter - wat een van sy organisasie se doelwitte is.

Nóg 'n doelwit vir die organisasie is om 'n landboufonds - wat kleinboere kan help om hulself te vestig, na te vors en daar te stel.

Felix vervang Douglas Taylor-Freeme, voorsitter van die Commercial Farmers' Union (CFU) van Zimbabwe as voorsitter van SACAU.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
Agri SA erken uitstekende advertensies
Mans gevonnis vir versperring van pad
'n Veld so wyd soos die natuur!
Boere skep nuwe interrasveiling
SACAU elects new board of directors
Vertonings van 'Klaas se Plaas'
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Archive
Latest News
Electricity interruption today
All about orchids
Stable interest rate welcomed amidst growing market confidence
Agri SA erken uitstekende advertensies
Japanese Rotarians hosted by Knysna
Nissan wants to double sales in Africa
Toonaangewende leiers binnekort bekroon
Why landlords need professional letting agents
Hospital accused of neglect
Pink Trees for Pauline
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 49 and 55.
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 34 and 46.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms