|
|
Hi-Tech is gerat vir puik diens
07:00 (GMT+2), Fri, 22 June 2012
|
|
|
|
|
|
|
Die nuwe ‘hone’-masjien AMC H250-A model is die eerste en enigste ‘hone’- masjien in Oudts-hoorn.
|
SUID-KAAP SAKE NUUS - Hi-Tech Auto Engineering lewer sedert 1 Oktober 2010 uitstekende diens aan kliënte.
Die besigheid se grootste enkele sukses is die tevredenheid waarmee kliënte by hul deure uitstap. Gehaltediens word verseker deur die hoogs gekwalifiseerde personeel wat hier werksaam is.
Sarel van den Heever, `n gebore Oudtshoorniet, het sy vakleerlingskap voltooi in die SANW waar hy ook as top presteerder aangewys is. Hy en sy vrou bedryf ook die Afrox agentskap. JJ van den Heever, ook `n boorling van Oudtshoorn, het sy vakleerlingskap as automotive masjinis plaaslik voltooi. Finansies en administratiewe dienste word deur Desiree van den Heever behartig. Sy het 'n drie jaar diploma in bemarkingsbestuur en is ook die besturende direkteur van Sareldes Trading, verskaffers van Afrox in Oudtshoorn.
Hi-Tech verseker volledige dienste wat insluit volledige herbouing van silinderkoppe asook druktoetse aan silinderkoppe en enjinblokke, boor en resleeve van enjinblokke, sny van cranks, resize conrods, press fit pistons en die volledige herbouing van enjins.
Hi-Tech Auto Engineering bestee in net die beste en nuutste masjiene om werk vinniger en aan die beste fa-
briekspesifikasie te voldoen. Die nuwe hone-masjien AMC H250-A model is die eerste en enigste hone-masjien in Oudtshoorn. Die masjien is aangekoop om blokke beter te hone en te verseker dat elke silinder aan die beste afwerking voldoen sodat ringe vinniger kan insluit en langer ring leeftyd bied, asook geen olie gebruik.
By Hi-Tech word belê in mense en toerusting. "Ons gaan daai ekstra myl vir ons kliënte," vertel die van den Heevers. Kliëntediens is vir ons baie belangrik! By Hi-Tech Auto Engineering is ons diens ons waarborg!"
Hi-Tech Auto Engineering kan gevind word by 3 Diesel Straat, Oudtshoorn. Of skakel gerus by 044 272 6063.

Die personeel van Hi-Tech Auto Engineering is van links: Elwin Lucas, Sarel van den Heever, Desiree van den Heever, Nigel Swarts en JJ van den Heever.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Southern Cape Business
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 24 and 39.
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 52.
I'm a 53 year old woman looking to meet men between the ages of 48 and 55.
I'm a 34 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
|
|
|
|
|
|
|