|
|
Agri SA se president besoek Karoo
09:00 (GMT+2), Fri, 15 June 2012
|
|
|
|
|
|
|
Die president van Agri SA, Johannes Möller tydens sy gesprek met boere Dinsdag op Prins Albert. Foto: Leon Nell
|
SUID-KAAP NUUS - Op Dinsdag 12 Junie het sowat 60 Karoo-boere van so ver as Beaufort-Wes en Laingsburg gekom om te luister na Agri SA se president, Johannes Möller, wat gepraat het oor die nuutste internasionale tendense in die landbou.
Dié samekoms is gehou op die Aviator Estate in die Prins Albert Vallei en vorm deel van die skilderagtige dorp se 250ste bestaansvieringe.
Möller het genoem dat terwyl 71 000 poste in die industriële sektor dié jaar verlore gegaan het, sowat 40 000 poste in die landbousektor geskep is.
"Is ons landbou gesond en is daar nog 'n toekoms vir ons? Ek sê 'n ondubbelsinnige "ja" hieroor. Zimbabwe het hulle algehele ekonomie vernietig nadat hulle die landbousektor vernietig het en mense het baie hieruit geleer. Ek was onlangs in Zambië en was verstom hoe pragmaties hulle oor landbou is. Hulle leuse is eenvoudig: 'No farmers - no future.' SA boere word beskou as van die beste in die wêreld en is oral in aanvraag.
"Daar is tans sowat 800 in Mosambiek en dit is kundigheid wat vir ons verlore is. Hoe vervang 'n mens kennis wat oor vyf geslagte oorgedra is? Dis eenvoudig onmoontlik en as ons dit nie keer nie gaan ons dalk nog soos Kongo/Brazzaville word wat 95 persent van hulle voedsel invoer. Ek is egter besorg oor die 'self-destruct' knoppie wat die regerende party se jeugliga wil druk, en ek hoop my vrese is ongegrond, maar ek kry ook die gevoel dat die regerende party binnekort een of ander populistiese uitspraak onder druk gaan maak wat radikaal gaan wees," het hy tydens sy toespraak gesê.
Prins Albert se burgemeester, Goliath Lottering, het die invloed van landbou op die Prins Albert-gemeenskap benadruk terwyl Agri Wes-Kaap se president Cornie Swart ook die belangrikheid van landbou onderstreep het.
'n Hoogtepunt onder plaaslike boere was toe die legendariese Pat Marincowitz hulle oor rooijakkalse toegespreek het. "CapeNature is besorg oor die getalle rooijakkalse," het hy gesê, "maar ek kan hulle waarborg die mens sal nooit ontslae raak van jakkalse nie. Ons sal dalk hulle getalle beheer, maar nooit uitroei nie. Ek haal my hoed af vir die rooijakkals en het al male sonder tal vasgesit met wetenskaplikes en natuurbewaarders wat dink 'n jakkals kan nie redeneer nie - hulle redeneer soms beter as baie mense wat ek ken."
'n Boer het sy kommer uitgespreek oor die omstrede hidroliesebreking (fracking) vir skaliegas uit die oergesteentes van die Karoo. "Dis 'n teer saak," het Möller gesê. "Terwyl baie mense daarteen is, moet ons ook verstaan dat die regering daardeur heelwat werk kan skep. Daar is ander pluspunte soos die moontlikheid van goedkoper brandstof vir Suid-Afrikaners."
"Nie ten koste van besoedelde Karoo water nie," het die boer geantwoord. "Wie gaan pa staan daarvoor - Agri SA of die regering? Sonder water is ons verlore. Dis die kosbaarste kommoditeit in die Karoo."
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 45.
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 40.
I'm a 22 year old woman looking to meet men between the ages of 23 and 30.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 50.
|
|
|
|
|
|
|