Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Simbiotiese verhouding is belangrik vir sukses binne grondhervorming
12:00 (GMT+2), Fri, 08 June 2012
AGRI NUUS - “Vir volhoubare voedselproduksie en optimale hulpbronbenutting het ons ’n grondhervormings­model nodig waardeur ’n simbiotiese verhouding tussen suksesvolle kommersiële boere en nuwe toetreders, sowel as kleinskaalse boere, ontwikkel kan word," het Johannes Möller, president van Agri SA, by ’n vergadering van die World Farmers’ Organisation wat op 7 Junie 2012 in Rome gehou is, gesê.

“Dit is nie net ’n mentorskapsverhouding nie, maar hoofsaaklik ’n sakeverhouding,” het hy gesê en aspekte soos produksiebeplanning, kollektiewe insetverkryging, ontplooiing van toerusting en bemarking is ‘n toenemend uitdagende funksie in terme van logistiek en nakoming van gesondheids- en kosveiligheidsvereistes.

In antwoord op hierdie opmerkings het verskeie Afrika-boere die relevansie van so ’n benadering vir hulle lande gesteun. Mnr Nduati Kariuki van die Kenya National Federation of Agricultural Producers het gesê dat Afrika-regerings, multi-laterale instansies en skenkers die strewe van Afrika-boere om suksesvolle grootskaalse kommersiële produsente te word, moet erken. “Die fokus moet dus verskuif van die volhouding van ‘n kleinskaalse-produsentbedeling na die bemagtiging van boere om effektiewe deelnemers in die kommersiële voedselketting te word,” het hy gesê.

Daar word van Afrika-lande verwag om hulle voedselproduksie aansienlik uit te brei, nie net om aan die plaaslike vereistes te voldoen nie, maar ook aan dié van ’n groeiende wêreldbevolking. “Dit is duidelik dat die bewese kundigheid en die oorgrote meerderheid van ’n groot aantal gevestigde kommersiële boere ’n onontbeerlike bate vir Suid-Afrika is om die sukseskoers vir nuwe toetreders tot die landbou en, in ’n mindere mate, ook aan landbou-ontwikkeling in Afrika te verbeter,” het Möller gesê.

Uitgereik deur Agri SA, Direktoraat: Korporatiewe Skakeling.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
SACAU elects new board of directors
Vertonings van 'Klaas se Plaas'
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Bursaries available for vets
State's role in Western Cape labour unrest needs further clarificaiton
Reëls wat jou lewe kan red
Landbou-kompetisie vir vroue
Archive
Latest News
Ford's eWheelDrive has designs on the urban car of the future
Plett residents invited to protest
Handtoffels vir bejaardes
Plettenberg Bay roads reopened
Huisbase: stel professionele huuragente aan
SACAU elects new board of directors
Asset allocation strategy the key to successful investing in volatile markets
'Flight for Birders' this week
How airbags work
Clean-up project at old age home
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 50 and 63.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms