|
|
|
|
Die vriendelike personeel.
|
SUID-KAAP SAKE NUUS - Swift Human Resources is ‘n professionele personeelvoorsienings maatskappy, wat in 1987 in Mosselbaai deur twee sakemanne, Tjaart van der Walt en Jurie Odendaal gestig is. Hulle het ‘n groot visie gehad.... dit was om ‘n positiewe impak op die Suid Afrikaanse Personeelbedryf te maak!
Die Nasionale Swiftspan het hierdie visie oor die afgelope 25 Jaar laat realiseer !
Swift se eerste personeelvoorsieningskontrak was met Petro SA(Mossgas), waar hulle 10 Sweisers moes voorsien. Die maatskappy het egter deur die jare van krag tot krag gegroei tot waar hulle vandag ‘n nasionaal bekende naam in die Suid Afrikaanse Personeelbedryf is. Swift se huidige visie is, om binne die volgende 5 jaar, een van die top 10 Personeelverskaffers in die Suid Afrikaanse Personeelbedryf te word.
Sonder die ondersteuning van al hulle lojale kliente, sedert 1987, sou hierdie visie nie kon realiseer nie. Hulle beskik vandag oor ‘n sterk gevestigde Nasionale en Internasionale klientebasis. Die Swiftspan skryf hul sukses toe aan professionele dienslewering aan hul kliente, goeie menseverhoudings met hul werknemers, asook die hoë etiese standaarde wat deurgaans gehandhaaf word.
Swift se nasionale operasionele infrastruktuur bestaan tans uit 10 takke landswyd, naamlik in:Kaapstad, Saldanahbaai, Mosselbaai, Port Elizabeth, Bloemfontein, Kathu, Ellisras, Secunda, Sasolburg en Richardsbaai. Hierdie nasionale netwerk van kantore stel Swift in staat om aanpasbaar en buigsaam te wees vir elke klient se unieke behoeftes. Swift sien en hanteer hul personeel as hul belangrikste bate om hul maatskappy se beplande groei van die toekoms te laat realiseer.
Anton Benn, die takbestuurder van die Mosselbaaitak, hou hierdie visie lewendig, deur deurlopend uitmuntende diens aan sy kliente te lewer!
Kontak vir gerus vir Anton Benn op 082 940 3369 (072 852 2509 / 044 695 0544) of hul webtuiste, www.swifthr.co.za , vir al u personeelbehoeftes, in terme van: Werwing en plasing van permanente personeel, personeel betaaldienste en voorsiening van enige vorm van tydelike personeelbehoeftes.
Kyk gerus op 16 Junie 2012 om 7:30 vm op DSTV, Ontbytsake, kanaal-111 na ‘n uitsending oor Swift Human Resources!
|