|
|
|
|
Die ou meul op die plaas Vogelsang, voordat dit finaal omskep is in die Bushmill Restaurant wat verlede week geopen is. Foto: Leon Nell
|
SUID-KAAP SAKE NUUS - 'n Geskiedkundige meul net buite De Rust is Vrydag 1 Junie in sy splinternuwe gedaante as die Bushmill Restaurant bekendgestel.
Sowat 40 gaste het dié geleentheid bygewoon.
"Ek het baie geld, bloed en sweet ingedruk om hierdie historiese gebou, wat in die 1800's as die plaaslike meul gebruik is, weer op te knap," het Hennie Alberts tydens die opening gesê. Die restaurant is geleë op die plaas Vogelsang, van Pieter Schoeman, net buite De Rust.
Die reusagtige staalwatermeul het 'n deursneë van 7,6 meter en is na bewering die grootste van sy soort in SA. Geleë aan die voet van 'n koppie, kry 'n mens 'n rustige plaasatmosfeer met 'n uitsig op gedeeltes van De Rust. Gratis parkering is volop en daar is geen "karwagte" wat mense verpes nie.
Die Bushmill Restaurant het nog nie 'n dranklisensie nie, maar mense is welkom om hulle eie wyn en drankies saam te neem.
|