Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
SWD-rugby bied opleiding
09:30 (GMT+2), Thu, 07 June 2012
SUID-KAAP NUUS - Die SWD-rugbyunie het die afgelope twee weke op George en Oudtshoorn twee kursusse in finansiële bestuur en fondswerwing aangebied.

Die kursusse, wat onder leiding van Abrie de Swardt (NMMU) en René Strydom (Kairos Vaardigheidssentrum) aangebied is, is deur tagtig tesouriers en bemarkingsvoorsitters van meer as vyftig rugbyklubs in die SWD bygewoon.

Die kursusgangers is met die fynere kunsies van goeie finansiële bestuur en boekhouding asook die werwing en bestuur van borgskappe en fondswerwing vertroud gemaak.

Die kursusse is in opvolg van drie kursusse in 'Effektiewe Sportklubbestuur' wat gedurende Januarie en Februarie vanjaar op George, Heidelberg en Oudtshoorn vir 186 bestuurslede van sestig rugbyklubs deur die SWD-rugbyunie onder leiding van Abrie de Swardt en Martin de Vos aangebied is.

Die SWD-rugbyunie is, volgens mnr. Johan Prinsloo, hoof uitvoerende beampte, besig om homself onder leiding van die president van die unie, mnr. Hennie Baartman, op alle vlakke van administrasievlak tot bestuurs- en speelvlak as die voorste kleiner unie in die land te vestig.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Rugby News
Bravo Lounge a welcome retreat for rugby fans
Interstreke rugby skop af
Bevin nuwe breier
Bravo Lounge set to stage Super Rugby
Giant loss for Eagles...
Futlose Arende moet nou bykom
Arende nou by kruispad
Haaie gaan Arende toets
Arende bewys doemprofete verkeerd
Verdediging sleutel tot sukses
Archive
Latest Sport
RE-CM Knysna: Entries close on Friday
Drie medaljes vir SWD
5th Annual Ross Taylor Surf Contest
Toring-tot-toring-gedenkwedloop
Goeie weer vir tennisveterane
Family forest hikes
New cross-country trail
Rooiberg Midwinter trailrun challenge
Juniors hone skills for international sailing
Running trials
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 52.
I'm a 30 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms