|
|
Trek sonder trane
14:38 (GMT+2), Wed, 06 June 2012
|
|
|
EIENDOMSNUUS - Mense wat na 'n nuwe bestemming verhuis, beskou dit dikwels as 'n avontuur om die onbekende in te vaar, 'n nuwe huis te betrek, by 'n nuwe gemeenskap in te skakel en 'n nuwe werk aan te pak.
Maar, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, die fisiese verhuising kan so uitputtend wees dat dit baie mense se geesdrif demp. 'n Ervaring wat hulle met goeie beplanning en met die regte verhuisingsmaatskappy kan vryspring.
Hy gee die volgende raad in die nuusbrief, Property Signposts:
Besluit vooraf hoeveel hulp jy nodig het. Verhuisingsmaatskappye, soos ander dienskontrakteurs, brei deurlopend hulle dienste uit om mededingend te bly. Deesdae kan jy volgens jou behoeftes en begroting kies uit dienste soos beplanning van die trek, inpak en uitpak, binnenshuise versiering en organiseer van jou meubels in die nuwe huis.
Besluit minstens vier tot ses weke voor die trek watter kontrakteur se dienste jy wil bespreek. Win aanbevelings in by vriende, familie, kollegas en jou eiendomsagent. Skenk, verkoop of gooi besittings wat jy nie meer nodig het nie weg en kry dan kwotasies van minstens drie maatskappye vir die trek voordat jy op 'n maatskappy besluit.
Loop lig vir enige maatskappy waarvan die kwotasie besonder laag is. Dit kan 'n teken wees dat die maatskappy desperaat is vir jou besigheid of 'n teken van min ervaring. En omdat jy jou besittings aan vreemdelinge toevertrou, moet jy voel jy kan op hulle reken om dit veilig by jou nuwe tuiste af te lewer.
Maak 'n afspraak met 'n verteenwoordiger van die maatskappy om seker te maak daar is geen verwarring oor presies wat vervoer moet word en wanneer jou besittings gepak en afgelewer moet word nie. Vind ook uit of kredietkaarte, elektroniese oorplasings of tjeks aanvaarbaar is en of jy kontant moet betaal. Vind ook uit of jy 'n deposito moet betaal en of jy op afslag geregtig is - byvoorbeeld as jy in die middel van die maand of die middel van die winter verhuis.
Raam die waarde van jou besittings en neem vervoerversekering uit. As 'n reël is die algehele waarde van huishoudelike inhoud sowat die helfte van die waarde van jou huidige huis, en dan behoort jy die vervangingswaarde van spesiale besittings soos skilderye of versamelaarsitems by te reken. Vind uit of waardevolle items wat jy self gaan pak en vervoer ook gedek word. Eise vir enige skade aan 'n item moet dadelik ingestel word - en hou die verpakkingsmateriaal om aan die assessor te toon, indien hy dit sou vereis.
(Uitgereik deur Chas Everitt International)
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Southern Cape Property
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 31.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 53.
I'm a 53 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 53.
|
|
|
|
|
|
|