|
|
Boere sukkel om korporatiewe permitte goedgekeur te kry
14:39 (GMT+2), Mon, 04 June 2012
|
|
|
LANDBOU NUUS - Boere wat afhanklik is van seisoenale werkers, sukkel om korporatiewe permitte te bekom om van buitelandse werkers se dienste gebruik te maak.
Boere in die Mpumalanga, Limpopo en Wes-Kaap en in arbeidsintensiewe industrieë soos die wol- en vrugtebedryf, maak gebruik van arbeiders van Lesotho, Mosambique, Swaziland en Zimbabwe. Probleme word al ‘n geruime tyd ondervind om die korporatiewe permitte betyds te bekom.
In 2010 het die Departement van Binnelandse Sake ‘n projek van stapel gestuur om Zimbabwe werkers in Suid-Afrika by te staan om die nodige permitte te bekom. Tydens ‘n gesprek met dié Departement , het Agri SA ook versoek dat hulle boere help met korporatiewe permitte wat nie uitgereik word nie.
Daar is reeds in Desember 2010 ‘n skrywe aan die Direkteur-generaal van dié departement gestuur oor hierdie aangeleentheid. In die skrywe is genoem dat permitte vanaf Julie 2010 afgewag word. Geen antwoord is op die skrywe gekry nie.
Hierdie aangeleentheid is ook tydens ‘n vergadering in Julie 2011 opgevolg en ‘n skrywe met ‘n versoek vir ‘n vergadering aan die Adjunk Direkteur-generaal van die Departement van Binnelandse sake gestuur. Geen reaksie is verkry nie.
Dit het aan die lig gekom dat die Departement van Arbeid nie afteken op die aansoeke nie en derhalwe word die korporatiewe permitte nie uitgereik nie. Hierdie aangeleentheid is tydens ‘n gesprek met die Departement van Arbeid opgevolg.
Daar word tans in Nedlac onderhandel oor die “Employment Services Bill” wat hierdie aansoeke gaan reguleer in die toekoms. Vir die huidige word gepoog om ten minste terugvoering oor die aansoeke te bekom.
Persone wat aansoek gedoen het vir korporatiewe permitte en wat terugvoering afwag, kan die volgende inligting aan Agri SA deurstuur vir opvolging. Die inligting wat benodig word is:
• Die boerdery naam of mpy naam waarin aansoek gedoen is;
• Datum waarop die aansoek ingedien is;
• Verwysigingsnommer wat verkry is met die indiening van die aansoeke;
• Die kantoor/distrik waar dit ingedien is.
Die inligting kan gestuur word aan deirdre@agrisa.co.za.
Artikel deur Elize van der Westhuizen.
Verskaf deur AgriSA.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 50 year old man looking to meet women between the ages of 42 and 48.
I'm a 32 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 100.
I'm a 44 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 47.
I'm a 30 year old woman looking to meet men and women between the ages of 30 and 50.
|
|
|
|
|
|
|