Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Musiekskouspel ten bate van Herman Grobbelaar
13:29 (GMT+2), Wed, 30 May 2012
Musiekskouspel ten bate van Herman Grobbelaar
Plaaslike musikante het besluit om ‘n Musiekskouspel ter finansiële ondersteuning vir Herman Grobbelaar op Saterdag, 6 Oktober in die George-burgersentrum op die planke te bring.
SUID-KAAP NUUS - Plaaslike kunstenaars gaan saamspan om 'n verskeidenheidskonsert aan te bied as fondsinsameling vir Herman Grobbelaar, 'n bekende en beminde plaaslike musikant. Die fondse gaan gebruik word om sy kunsoog wat tans probleme veroorsaak te vervang. Hy het sy oog as jong seun in 'n fratsongeluk verloor.

Herman is die afgelope 26 jaar 'n inwoner van George, waar bekende plaaslike musikante hom oor 'n lang tydperk touwys gemaak en ondersteun het.

Ondanks sy gestremdheid wat sig betref, het hy vasgebyt en was die afgelope twee dekades by die destydse Troskie BMW en George-munisipaliteit werksaam gewees en sy inkomste met die maak van musiek aangevul.

"Vanweë die huidiglike ekonomiese toestande moes hy die afgelope jare meerendeels op musiek as primêre inkomste konsentreer. Herman moet dringend 'n nuwe kunsoog bekom, maar kan dit finansieel nie bekostig nie," het een van sy vriende, Wally Munro gesê.

"Dit is alombekend dat George oor uitsonderlike talent wat plaaslike kunstenaars in die musiekbedryf betref, beskik. Verskeie bekende musikante/orkeste sal optree en die Musiekskouspel-aand word vir Saterdag 6 Oktober in die George-burgersentrum beplan."

Die saal sal in 'n tema met spesiale beligting op 'n professionele wyse opgetooi word. Kaartjies sal vir 500 persone teen R100 per persoon beskikbaar wees.

Musiekliefhebbers kan hulle eie "verver-sings mandjies" saambring en daar sal lekker gedans kan word met verskeie kunstenaars/orkeste wat om die beurt sal optree. 50 Tafels met 10 persone elk word beoog.

"Hierdie belowe om 'n uitstekende musiek skouspel deur plaaslike kunstenaars te wees," het Munro ten slotte gesê.
*Vroegtydige besprekings kan reeds by Tokkie Nel Juweliers, skuins oorkant Van Rensburg Foods gedoen word.

Vir meer inligting kan Munro by 084 606 6000 bereik word.Plaaslike inwoners wat Herman finansieel wil ondersteun kan reeds bydraes (hoe gering ook al) maak by: Bankbesonderhede: Capitec HF Grobbelaar - Rek no: 1259164983; Takkode: 470010.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Entertainment News
Programme highlights
David Lazarus (re)visits Plett
Mel Botes dié naweek by Barnyard
Coenie kuier in Suid-Kaap
Jong dramaskrywers gesoek
Bekende orrelis tree op
Pragkuns pronk by alma mater
Crafts on Queen exhibition
Black Sheep Rockonspiracy Tour
Update: 'Awesome' music bash for Jaco
Archive
Men
Women
Search
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 52.
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 50.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms