|
|
Jongboer van die Jaar 2012 kry momentum
09:48 (GMT+2), Tue, 29 May 2012
|
|
|
WES-KAAP NUUS - Die Wes-Kaapse jongboer van die jaar is hierdie week aangewys. Hy is Petrus Bosman van Lelienfontein in Wellington.
Bosman boer die afgelope agt jaar met wingerd en is baie nou betrokke by die landbouvereniging van Wellington. Bosman is 'n direkteur van Wellington Wynkelders en Vin Pro en is ook betrokke by die kwekersvereniging. Die grootste deel van sy boerdery bestaan uit 'n stokkieskwekery en ongeveer 'n derde word gewy aan wingerd. Hy is getroud met Carla en hulle het twee seuns.
'n Ladismithse boer, Hannes Toua van Cerasus Boerdery was ook een van die vier finaliste. Ander finaliste was: Piet Steenkamp van Groenland by Stellenbosch en Piet de Wet van Waboomskloof by Caledon.
'n Hele paar streekwenners is reeds gekroon en momentum bou nou op om te kyk wie vanjaar die land se rolmodel vir boere onder 35 sal wees.
Agri SA berig dat dit vanjaar die negende keer is dat Toyota SA en Agri SA kragte saamsnoer om die beste jongboer in Suid-Afrika te kroon. Die jongboer-kompetisie is vir Agri SA en sy provinsiale organisasies belangrik en dra by tot die ontwikkeling van rolmodelle en jong ondernemerskap in die landbou.
Die kompetisie staan sentraal in die jongboerprogram van verskeie provinsiale affiliasies. Die waarde van die kompetisie is ook daarin geleë dat jongboere ontwikkel word om hulle plek as leiers in die georganiseerde landbou in te neem. Jongboere moet dus aktief aangemoedig word om aan die kompetisie deel te neem ongeag die grootte van sy boerdery of finansiële posisie.
Die tema van die Wes-Kaapse Jongboerkonferensie, wat die kroning van Bosman voorafgegaan het, was vanjaar Breek die Tradisies en daar is gefokus op die eise van die nuwe tegnologie-gedrewe en sosio-politiese boerdery omgewing waarin toekomsgerigte besluite geneem moet word.
In die noorde is Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar ook reeds bekend gemaak. Hy is Hendri Jansen van Rensburg, van die plaas Stoffelsrus naby Warden.
Hendri wat 34 jaar oud is, is getroud met Rona en die egpaar het drie kinders. Hy beskik oor 'n BTech Landboubestuurskwalifikasie. 'n Tyd gelede het hy nog in die Ermelo-distrik geboer waarna hy hom in die Warden-distrik gevestig het. Hendri dien ook in die Warden gebiedsbestuur en verteenwoordig die RPO.
Volgens hom word die huidige jongboer groot in 'n vryemarkstelsel wat dit vir dié boere noodsaaklik maak om meer op finansiële bestuur te fokus aangesien hy aan wêreldmarkte blootgestel word en daarvolgens besluite moet neem.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 34.
I'm a 31 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
I'm a 52 year old woman looking to meet men between the ages of 53 and 59.
|
|
|
|
|
|
|