Knysna-Plett Herald
Knysna-Plett Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
“Gewillige koper, gewillige verkoper” nie die rede vir hoë grondpryse
12:00 (GMT+2), Fri, 25 May 2012
LANDBOU NUUS - “Die “gewillige koper, gewillige verkoper” -bedeling word dikwels misverstaan en verkeerdelik geteiken as rede vir die buitensporige pryse wat die regering soms vir grond betaal,” sê Johannes Möller, president van Agri SA.

Hy het gereageer op onlangse debatvoering in die Parlement en bewerings deur politieke ampsdraers dat die regering buitensporige pryse vir grond betaal omdat grondeienaars daarop aandring.

Agri SA stem saam dat die stelsel/proses waarvolgens grond verkry word bevraagteken moet word wanneer markverwante pryse oorskry word, maar verwelkom die siening wat Minister Nkwinti in die Parlement geopper het, naamlik dat rolspelers tussen boere en die staat vir dié hoë pryse geblameer moet word eerder as boere.

Volgens Möller is “gewillige koper, gewillige verkoper” ‘n bekende konsep wat gebruik word vir belasting- en rekeningkundige doeleindes om transaksies wat op ‘n armlengte grondslag tussen onverwante partye geskied, te beskryf. Dié konsep vind wye toepassing as basis vir transaksies in ‘n mark-verwante ekonomie.

“Buitensporige pryse wat vir grond betaal word kan dus nie as ‘n swakheid van hierdie konsep beskou word nie maar moet eerder toegeskryf word aan faktore soos bedrog, uitermatige invloed wat sekere partye in die mark kan uitoefen, ‘n ondeursigtige grondmark, waardasies wat nie behoorlik uitgevoer word nie of ‘n kunsmatige vraag wat geskep word deur, byvoorbeeld, regeringsbetrokkenheid. Die feit dat Minister Nkwinti hiermee saamstem gee ons die vertroue dat oplossings vir die ware probleme gevind en geïmplementeer sal word,” aldus Möller.

Na Agri SA se mening moet daar nie van individuele boere verwag word om opofferings vir openbare doeleindes te maak sonder billike vergoeding nie. “Ingevolge die Grondwet sal dit neerkom op ontneming of selfs onteiening en behoort dit onderhewig te wees aan billike en regverdige vergoeding wat tans slegs aan markwaardes gemeet kan word ten spyte van ander faktore wat veronderstel is om in ag geneem te word ingevolge artikel 25 van die Grondwet - waaraan geen inhoud tot dusver gegee kon word nie”, sê Möller.

Agri SA erken dat regeringsbetrokkenheid in grondhervorming en spesifiek grondrestitusie inderdaad die staat as ‘n nuwe speler tot die mark gevoeg het en dat dit heel waarskynlik ‘n “kunsmatige” vraag geskep het. Aangesien die regering ‘n “verpligte” eerder as ‘n “vrywillige” grondkoper is, kan dit wel aanleiding gee tot bevraagtekening van die “gewillige koper, gewillige verkoper” bedeling.

“Agri SA glo dat dit nie so hoef te wees nie aangesien die grondmark dinamies genoeg is om te verseker dat waardeerders ‘n objektiewe en markverwante bron van inligting het waarop hulle waardasies kan baseer, dit wil sê. egte markwaardes wat vergelykbare verkoopsyfers verskaf waarop waardasies gebaseer kan word. Agri SA is ook van mening dat kwessies soos bedrog, swak waardasies en ‘n gebrek aan markdeursigtigheid tot die mate waar dit sistemies geword het aangespreek kan word deur ‘n omvattende hersiening van die stelsel. Ons glo dat dit presies is wat die Groenskrif op Grondhervorming wil bereik”, sê Möller.

“Belanghebbendes wat betrokke is by die evaluering van die Groenskrif moet ‘n redelike geleentheid gebied word om ook die sogenaamde probleme met die “gewillige koper, gewillige verkoper” -bedeling aan te spreek. Instellings soos voorsien in die Groenskrif, naamlik die Grondbestuurskommissie en die Waardeerder-Generaal, kan na ons mening grootliks daartoe bydra om die kritiek teen hierdie bedeling aan te spreek deur billike en regverdige pryse te verseker, dit wil sê markpryse wat deur onbelemmerde markkragte bepaal is. ‘n Waardeerder-Generaal wat veronderstel is om ‘n oorsigrol te speel ten opsigte van waardasies asook met die ouditering en kontrolering daarvan behoort ‘n geleentheid gegun te word om die prysbepalingsmeganisme op ‘n gesonder voet te bring en om die bogenoemde probleemareas aan te spreek. Ons glo dat hierdie benadering aanvaar moet word en dat daar nie van die “gewillige koper, gewillige verkoper” –bedeling in sy korrekte vorm afgesien moet word nie”, aldus Möller.

Uitgereik deur Agri SA.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
Blossom-end rot a common disorder
Mosterd, kool beskerm aartappels
Groot aantal wild by veiling verkoop
Soet appels bly bobaas
AgriECO: Junie 2013
Wynmakers, teken hierdie datums aan
Plaaswerker van die Jaar-kompetisie skop af
Wees slim as jy pruime stoor
Landbou ondersteun Eskom se kragspaarplanne
Onsekerheid striem vertroue
Archive
Latest News
Bomb scare at Customer Care Centre
New education programme at NMMU George
Yesteryear's beauties
Young woman robbed and raped
Recycling bins for 14 schools
Safe and sound
Sedgefield gets taxi rank
Eldery still want to have a role in society
Blossom-end rot a common disorder
Three million miles, one careful owner
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 32 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 33.
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 39.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a Knysna-Plett Herald
Twitter Facebook Digital Platforms