|
|
Barnard skiet die boerpot los
07:00 (GMT+2), Thu, 24 May 2012
|
|
|
|
|
|
|
Andries Swanepoel lê aan.
|
WES-KAAP NUUS - Die eerste ABO Wes-Kaap Provinsiale boogskietbyeenkoms was 'n reuse sukses, maar veral 'n hoogtepunt vir die plaaslike skut, Berrie Barnard, wat die boerpot losgeskiet het.
Barnard het 201 punte uit 'n moontlike 220 opgestapel en die kompetisie gewen. Kort op sy hakke was Len Ferreira, ook met 'n 201 punte, maar met een "super kill" minder as Barnard. Die byeenkoms het deel uitgemaak van die George-boogklub se tweede verjaarsdag en dit was veral opmerklik hoe vinnig die plaaslike skuts gevorder het. Skuts van sover as Paarl en Worcester het deelgeneem en die plaaslike skuts het hul staal gewys teen die besoekers op die 20-teiken 3D rubberdier teikenbaan.
Die klub het al die borge bedank vir die goeie pryse wat aan die skuts oorhandig is en die deelname die moeite werd gemaak het.
Die volgende skietdag is op 9 Junie by Rest Haven en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Vir meer inligting kontak Kobus Venter by 083 227 0888, Michael Hälbich by 083 384 8260 of Zelda Hanekom by 082 928 8616.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Other
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 52.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 53.
I'm a 28 year old woman looking to meet men between the ages of 26 and 35.
|
|
|
|
|
|
|