|
|
Sangsensasie sing vir Badisa
09:43 (GMT+2), Mon, 21 May 2012
|
|
|
|
|
|
|
Michael Lindt is op 8 Junie te sien by die NG Kerk Denneoord in George. Bespreek jou kaartjie nou!
|
SUID-KAAP NUUS - Michael Lindt is op 8 Junie om 19:00 te sien by die Denneoord NG Kerk in Wallisstraat. Nog 'n bekende plaaslike kunstenaar, Tasha Vermeulen, is saam met hom op die verhoog.
Michael Lindt se debuutalbum Sal vir Altyd Bly wat deur die bekende musiekregiseur, Werner Beukes opgeneem is, is van stapel gestuur deur die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se Afskop-verhoog in 2011. Saam met hom op die verhoog was Kurt Darren, Nicholis Louw en vele ander en sy optrede is staande toegejuig.
Select Platemaatskappy het hom opgeraap en hy word deesdae gereeld op radio en TV gehoor en gesien. Die snit Is jy nie meer lief vir my? was nommer een op RSG se Top 5-ranglys en nommer twee op Jakaranda FM se top 20-ranglys. Michael Lindt se musiekvideo is gereeld op DKNT en Jukebox en hy het al sy verskyning gemaak in tydskrifte soos Huisgenoot, Huisgenoot Tempo, Juig en Vrouekeur. Tans werk hy aan 'n album vir Kurt Darren
Tasha Vermeulen het al drie albums opgeneem en het ook haar eie sangskool in George wat al vir 16 jaar bestaan. Haar derde album, genaamd Keuses, is die temalied van 'n christelike DVD (ook genaamd Keuses) wat tans in christelike boekwinkels beskikbaar is. Sy sing beide christelike en kommersiële musiek en het 'n passie om sangwerkswinkels aan te bied sowel as om Praise and Worship-opleiding te doen.
Die vertoning is ten bate van Badisa in George - 'n gesamentlike welsynsorganisasie van die NG Kerk en die VGK.
Soos talle ander organisasies op die terrein van armoedeverligting en gemeenskapsdiens moet hulle deesdae ekstra hard werk om die nodige fondse in te samel.
Kaartjies is beskikbaar by Badisa in Victoriastraat, George: 044 874 5013; Mariet Raath 082 364 1111 Blanco; Annatjie de Jager 044 874 0652 Twee Riviere; Irma Schreuder 044 879 1626 Glentana; Marie Owen 044 873 6339 Denneoord; Ria Liebenberg 044 851 0178 Heroldsbaai; Mona van Rooyen 044 874 0146 George-Suid; Juli Reynecke 0827416333 Hartenbos.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 30 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 35.
I'm a 66 year old man looking to meet women between the ages of 55 and 62.
I'm a 41 year old woman looking to meet men between the ages of 39 and 50.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 42 and 54.
|
|
|
|
|
|
|